Author Topic: Dom Boer se 'Kok soek werk'  (Read 3134 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Dom Boer se 'Kok soek werk'
« on: September 15, 2015, 11:23:18 PM »
Hierdie vanoggend op my gevreetboekie gekry. Gedeel deur 'n PHriend in Saudie wat weet hoe lief ek my taal het.

Kok soek werk

Spesialiseer in:
Mooi broodjies bak
Die pap dik aanmaak
‘n Goeie kool stowe
Kastaiings uit die vuur krap
Op eiers loop
Vet om die oë smeer
Kierangtjies braai
Die bloed laat kook
Poetse bak
Die pot aan die kook hou
Op hete kole sit
Kluitjies bak
Lepel in die dak steek
Stoom afblaas
Ou kos opwarm
Gou uitgebak raak
Met die gebakte pere sit
Siepsop en braaiboud
Soustrein ry
Kruie by die taal voeg
Die brood dik smeer
Heuning om die mond smeer
Met spek skiet
‘n Ui tap
Appels swaai

– deur Dom Boer

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dom Boer se 'Kok soek werk'
« Reply #1 on: September 15, 2015, 11:54:57 PM »
Net in Afrikaans. So lyk hierdie plasing as Bing hom probeer vertaal het  :icon_biggrin:

Nice broodjies bake
That pap thick creation
a Good carbon stowe
Kastaiings from that fire tight
On eiers walking
FAT to which ōe lubricating
Kierangtjies braai
That blood makes cooking
Student bake
That pot to those cooking love
On hot kole sit
Kluitjies FRY
Spoon in which roof insert
Steam relief
OU kos warm-up
Gou uitgebak touch
With those fried pere sit
Siepsop and braai boud
Sous train ry
Kruie by that language add
Those much thick lubrication
Heuning for that mouth lubricating
With Bacon skiing
a Ui tap
Apples swaai

Ons het nou al heelwat klei getrap diekant met lesers wat ons kommentare probeer vertaal. Sommige van ons uitdrukkings ken die Engelsmanne glad nie eers diekant van die aardbol nie en kyk ons aan of jy van die maan af kom  :icon_bigsmurf:

Toe kon ek die versoeking nie weerstaan om gou die lyntjie hierbo te vertaal nie:
Some of the most diekant with us the well all clay trampling our lesers kommentare try translation. Some of us know that expression Engelsmanne smooth diekant of that nie first globe nie and kyk jy to us or of those Moon Bowl

I rest my case djou honor  :notworthy:
« Last Edit: September 16, 2015, 12:01:37 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom Boer se 'Kok soek werk'
« Reply #2 on: September 17, 2015, 03:30:20 PM »
Ag nou toe nou!   :toothy4:  Dit is 'n lekker gemors ja.  My opvangs het nou die gees gegee.  Nou gaan ons gou jukskei speel.  (Vertaal dit vir my na Engels asseblief.)  Sal weer later kom inloer.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dom Boer se 'Kok soek werk'
« Reply #3 on: September 18, 2015, 08:24:11 AM »
My upcatch have now given the gost. Now whe fast go to play itchseperate.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dom Boer se 'Kok soek werk'
« Reply #4 on: September 18, 2015, 11:43:36 AM »
Hahahahah jy sal moet verduidelik in Afrikaans :toothy4:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dom Boer se 'Kok soek werk'
« Reply #5 on: September 18, 2015, 01:22:31 PM »
My opvangs het nou die gees gegee.  Nou gaan ons gou jukskei speel.
My upcatch have now given the gost. Now whe fast go to play itchseperate.


PM het gevra ons moet vertaal na Engels.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom Boer se 'Kok soek werk'
« Reply #6 on: September 18, 2015, 01:27:09 PM »
Ek lag vir daai "itchseperate", maar die hele spulletjie is Grieks.   :read2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dom Boer se 'Kok soek werk'
« Reply #7 on: September 18, 2015, 09:26:46 PM »
Hiehiehie, ek het PM se kommentaar skoon misgelees. Naas jy moet bietjie daai werksoek ene waar jy in die pad gesteek is, gaan vertaal  :headbang: