Bak en brou > Item vir die week

Kom ons praat BOEREKOS

(1/3) > >>

Terry:
Wanneer jy die woord boerekos hoor, wat is die eerste dis waaraan jy dink?  Watse boerekos het jy mee groot geword?

Het jy enige lekker resepte om te deel?

Kom ons praat BOEREKOS   :toothy4:

Fransi:
Ek dink aan rys, vleis en aartappels, maar ons het geregte soos bv. die soet-suur-worsie-gereg geƫet.

Jeannedarc:
I honestly don't know what exactly is meant by "boerekos". is it on a same level as the french provencal or whatever the irish prepare in the rural irish areas or german or dutch in their rural areas? or is it food prepared the way our ancestors prepared it and in this respect it would also differ from our dutch, english, french ancestors and not to mention the portuguese, greek etc. and then what about our african dishes? the pap and sheba, samp and stew, chicken and marog?   

Angelica:
Boerekos..  Ek vra Mamma waaraan sy dink as ek se:  Boerekos.. dit is stampmielies en bone.
En ek onthou hoe die bone ge-oes is. Sulke bruin bone.  Al die mooi, vet bone eenkant toe tot 'n hopie en dan afskraap tot in 'n bak.  Die res is seker af strooise toe. Ek weet nie.
Bone en ook die wit stampmielies is in kookwater geweek tot uitgeswel.  Gewoonlik die dag vantevore.  Wanneer die water koud is, is weer warm water oor gegooi.
Tot lekker vet.
Vroeg volgende oggend is dit tesame in 'n kastrol gegooi met weer warm water en dan nader getrek na die warm plaat op die Dover'tjie.  So kook dit stadig en later word lekker vet vleisies ook nader gesleep met 'n aartappeltjie by en as daar was, is kerrie en borrie mildelik bygevoeg. Moenie die sout en peper vergeet in die 'gravel' nie.
Jy kry 'n skep 'gravel' op jou bord en 'n stukkie vet vleisie met 'n aartappel by.  En baie kerriesous.  Heerlik.

Angelica:
Nog boerekos is groenboontjies.  Deur Oupa gekerf in 'n bakkie op sy skoot.
Met 'n skerp knipmes het hy die boontjies ont-'haar' en gekerf in baie dun skyfies. 
Groenboontjies en uie met 'n aartappeltjie by. En baie peper.

Pampoen.  Snye rou pampoen op 'n bakplaat met suiker en kaneel gebak tot sag. 
As Ouma daai bakplaat uithaal en hompe botter op die warm pampoen op jou bord sit, sien jy niks anders raak nie. 
Die soet stropie is soos poeding.

Patat.  Kleiner, heel patats in die Dover oond, gebak tot die soet stropies uitloop. 
Gryp een wanneer dit gaar is en sit met die botterbak voor jou (keer dat niemand anders die botter gryp nie, as jy kan) en eet tot salig versadig.
Ons het ook patat gekook en dan het Ma die koue patat in ringe gesny en in botter gebak tot goudbruin.  Dit was heerlik met 'n gebakte eier bo-op.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version