Bak en brou > Item vir die week

Kom ons praat PASTEIE

<< < (2/2)

Meraai vannie Baai:
Eierwas - Wat 'n mooi beskrywing!  :notworthy: :icon_salut:

Van pasteie gepraat, hierdie bederf pronk oudergewoonte, ten minste elke tweede week op ons menu. Kleingoed self gek daaroor! Ek leen ons resep vanuit die Gatkantlandmenu.

Outop se weergawe van Ben's Chimichanga Pasties



Ek moet nou ernstig krap in die kreukelkamer se voue
om te onthou wat ons alles uit die kruiekas gegrawe het.

My werk was om die verneukdegie by ons plaaslike winkeltjie
te koop en twee hoenderborsies in 'n hoenderafstreksel tot
sag te kook. Daarna het ek dit geflok. Eenvoudig genoeg; kans
vir houtskoolbrand dus skraal.

Op die gasstoof het die verleidelikste geure van gebraaide uie
en twee gekneusde knoffelhuisies in olyfolie die smaakkliere
geprikkel. Resep vra vir 'Hillfarm canola oil' wat half vreemd
op die oor geklink het en ons toe verby gehou met die bekende.

Hierby was die volgende bygevoeg: 'n halwe rooi peper
(in klein blokkies gesny) en een teelepel cumin, 'n halwe
teelepel kaneel, handvol vars (as jy het) coriander, knerts
of twee gemaalde seesout, een blik ingelegde bone - ons
het 'n vyf-bone mengsel gebruik en 'n blik ingelegde tamaties.
Die spulletjie is 'n rukkie saam vertroetel oor lae hitte.

Hierna is die geflokte hoender bygevoeg en 'n klein bietjie
parmesan na smaak. Alles goed deurmekaar geroer en vir
eers eenkant toe gestoot om af te koel.

Outop het eers die resep se aanwysing gevolg met sirkelvorms
vir die pasteie maar ons kon net 'n lepel vleisvulsel inkry en
toe maak hy 'n boereplan... en van toe af hou ons daarby.
Moenie vergeet om jou lyf kunstenaar te hou en die rou degie
met eiergeel te verf voor jy dit in matige oond bak tot gaar nie!







Meraai vannie Baai:
Nog 'n geleende ene uit ons 'kebuis  :toothy4:

Outop se pasteitjies



Heel eerste sny my ou maatjie die voorafgemaakte degie in vierkante.
Groot genoeg om die muffinpannetjie se holtes te kan vul en as jy weet
daar gaan genoeg vulsel wees, kry nog 'n bak. Outoppie maak gewoonlik
genoeg om ook een groter pan te vries. Hierdie pasteitjies vries en ontdooi wonderlik!

Dan braai die ou hartvriendelike maalvleis, so handvol uie en paar gekerfde knoffelhuisies.
(Jy ruik ons voor jy ons sien) LOL.

Geur na smaak. My hartlam strooi mildelik uit die 'entice with spice - create the exceptional' verpakkings.
Dit is sweet cajun en ook so lepel of wat uit die gewone Cajun kruiepakkie plus 'n knypie kerrie
& Mevrou balletjies se soetigheid in 'n bottel.

As die maalvleis gaar is rek Outop dit met Vier Bone uit 'n blikkie - die soort wat nie sout bygevoeg is.
 Soutloos het mos saam die alfabet by ons voordeur ingesluip so daar moes plan vir geur gemaak worre!

Kook die spulletjie saam vir 'n rukkie. Proe en deel (vir die wis en onwis) vir 'n tweede opinie.
Ek moet paar lepels hap NET om doodseker te maak van die smaak. Na die vulselmengsel
en bone bietjie gesels het met mekaar gooi hy 'n paar gesnyde mushrooms in (ons hou van die tekstuur van dit so)
jy kan dit saam met die vleis en uiemengsel braai. Skuif pot eenkant toe om af te koel. Gooi 'n glasie wyn.

Maak nou 'n pakkie instant mash aan. Die tekstuur moet nie te styf wees nie. Skep lepels vol van die vulsel
in die gebakte korse. Plaas dan die mash bo op, garneer soos verkies en as niemand sien nie kan jy handjievol
kaas ook oorstrooi evil6 Outop het voorheen ook nog 'n lagie deeg bo oor gevleg en blommetjie gerangskik
vir my maar nou moet ons ewe liefies die kaloriekies tel en die blomme in 'n potjie sit.

Plaas terug in oond vir kort rukkie tot kors begin donker word. Dien op en geniet.

PM:
Ag nee, gaan weg!  Ek is nou so honger ek eet sommer 'n Koedoe op!

Dit lyk so smullekker. 

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version