Author Topic: KOOKFOUTE  (Read 15315 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
KOOKFOUTE
« on: January 24, 2014, 09:50:33 AM »
Het jy al 'n "kitchen blooper" gehad?  Wat is die resep wat jy probeer het, maar moes dit in die asblik gooi want selfs die honde sou dit nie eet nie?

Ek het baie, maar ek wag vir julle om eerste te vertel   :toothy4:

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: KOOKFOUTE
« Reply #1 on: January 24, 2014, 11:43:42 AM »
nee ek het nog nie daardie geluk gehad nie. I had many flops but then if you are still able to eat the flop, well then ...

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: KOOKFOUTE
« Reply #2 on: January 24, 2014, 09:52:09 PM »
Toe ek jonger was het ek uit onkunde 'n paar floppies gemaak, maar soos 'n mens ouer word leer jy om dit gou reg te toor.

Een keer het ek pannekoek gebak.  Terwyl ek die deeg aangemaak het, het my ma gesê ek het mieliemeel beet.  Nog nooit nie, seg ek en lees weer op die pakkie.  Dit is koekmeel!  My ma was reg, die meel was verkeerd verpak en ek moes die beslag weggooi.  Gelukkig het die winkel dit vir my vervang, plus al die ander bestanddele wat ek gebruik het.  Ons was maar baie arm daardie jare.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: KOOKFOUTE
« Reply #3 on: January 27, 2014, 09:15:26 AM »
Ek kan onthou, ek het net begin leer om te kook en een aand besluit ek op Bully beef pasta.  Natuurlik is dit toe nou die eerste keer wat ek dit maak en dog dit is ongegeurde vleis.  Soos ek dit gaarmaak sit ek lekker sout en peper by en paar ander speserye.  Nog dom ook, proe ek nie aan dit nie en meng dit met die pasta.  Baie trots op myself skep ek vir almal op en wag vir groot komplimente.

Wie sou nou op so jong ouderdom weet jy moenie sout en speserye by bully beef gooi nie?   :icon_scratch:

Ons het toe maar die kossies bymekaar geskep en vir die hond gegee wat dit ook nie eers wou eet nie.  Maar ek kan onthou die KFC daardie aand was toe baie lekker.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: KOOKFOUTE
« Reply #4 on: January 30, 2014, 08:55:29 AM »
On that very same note - I once used kassler chops in a dish and just as Terry aaded salt and pepper and herbs. needless to say it tasted terrible but then I didnt know the kassler was smoked.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: KOOKFOUTE
« Reply #5 on: January 30, 2014, 09:48:14 PM »
Het jy al die verkeerde speseryhouertjie raakgevat en gemmer en suiker oor jou pannekoek gegooi?  Gelukkig het ek die fout gou agtergekom anders sou ons seker maar toebroodjies moes eet.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: KOOKFOUTE
« Reply #6 on: January 31, 2014, 08:50:55 AM »
PM

That sounds like a winner to me - that is if you enjoy ginger

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: KOOKFOUTE
« Reply #7 on: January 31, 2014, 10:12:46 AM »
Nou praat jy.  My vriendin in Auckland glo absoluut aan gemmer en die tien dae wat ons daar gekuier het moes ek elke oggend my half telepel gemmer in 'n halwe glasie water drink.  Binne 'n week het die pyne in my "joints" bedaar en ek kon deurnag slaap sonder heup-pyne en ek kon met my kniee saamleef en wat nog. 
Bewegingsiekte het 'n houvas op my en ek het 'n groot oorwinning behaal deur die gemmerkoekies en versuikerde gemmerstukke wat ek gekou het.  Ek lief lief gemmer!

I miss you and will be home soon! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: KOOKFOUTE
« Reply #8 on: September 12, 2015, 02:58:20 PM »
Oeps!  Daar gooi ek al die speserye in die soppot in plaas van die kerriepot!  Wat 'n wenner!  Die eentonige sop is verander in 'n "fancy dress".  Die beste "fout" wat ek ooit gemaak het.  Nou kook ek altyd my sop met speserye vir Afrika. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: KOOKFOUTE
« Reply #9 on: September 13, 2015, 03:53:23 AM »
In ons soppot gaan ook baie kruietjies in. My blapse agter die stoof is so baie en skaam om te noem maar ek deel graag die ene van Outop se stiefmamma. Sy het net vier persent sig maar bak en brou nog meesterlik. Haar kruie en goedjies staan altyd op die plek reg, net vir vat. Natuurlik help ek ywerig opruim en klets so dat ek nooit sien ek sit die skoonmaakmiddel (Wim) langs haar houer met bakpoeier neer nie. Ouma gooi mildelik en skielik hoor ek: Ou Raai, verbeel ek my of kook ons groenboontjiebredie nou vanself?"  :icon_bigsmurf: Wim en kos gaan nie saam nie!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: KOOKFOUTE
« Reply #10 on: September 15, 2015, 01:28:01 PM »
Ag dierbaar! 

My eerste pogings om melktert te maak was volgens my 'n groot flop.  Dit het net een klonterige-papperysel uitgekom en is natuurlik asblik toe.  Ek moes maar net 'n bietjie langer geroer het, maar het nie die kennis gehad nie.
Nou sal jy verstaan hoekom ek lekker gelag het toe my dogter dieselfde ding wou doen.  Gelukkig het ek haar gekeer net voor die mengsel getiep word. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: KOOKFOUTE
« Reply #11 on: October 20, 2021, 08:34:17 AM »
Sit ek nou en lees weer al ons blabsies.   :icon_biggrin:    Het jy nog 'n blabsie beleef?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: KOOKFOUTE
« Reply #12 on: October 21, 2021, 05:16:09 AM »
Ek maak foute nog voor die kookproses begin PM. Altyd aan die opruim om my, bere ek so vinnig as wat ek uithaal nog voor ek dit begin gebruik.

Grou gereeld in die asblik vir die doosresep (gelukkig is dit altyd heelbo want dit is nou net uit die kas of yskas gehaal).

Met ons lang toer soek Outop na die roast wat hy gekoop het. Kry ons die kwitansie in die yskas en die roast in die asblik. Heelbo, nog netjies toegedraai in die verpakking. Ek't kop geknik as toestemming vir die herwinningsproses.

Ons groot kinders het toe hulle begin om die girls te nooi vir ete, groot pret gehad om oordrewe hulle borde vas te gryp wanneer ek verby stap. Iewers moes hulle uit ervaring geleer het dit is veiliger om liewers jou bord vas te hou. Dit het die girls nie lank geneem om die gewoonte aan te leer nie al beduie ek daar is poeding wat wag, ek gaan dit net gou haal. Waarop ons oudste sal antwoord: "If you can't find it, it's okay...."

Seker bang ek haal dit uit die asblik.
:angel4: :headbang:
« Last Edit: October 21, 2021, 05:18:33 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: KOOKFOUTE
« Reply #13 on: October 21, 2021, 10:54:18 AM »
As Naas ons eie Langenhofen is, is jy beslis ons professor.  Ons woordprofessor is jy beslis, maar dit lyk my in die kombuis is jy ons verstrooide professor. 


Ons is gister 9 uur hier weg en het half ses gisteraand eers tuis gekom.  Ons het 'n uur tussen afsprake wagtyd gehad, toe gaan drink ons 'n koffie by die hospitaal se snoepie.  (R50.00 vir twee koppies koffie)
Ons gebruik nie melk of suiker nie, so seg hy toe hy sal maar die suiker in sy broeksak sit en die melkies sommer in sy hemp se sak!   :angel12:


Ek haat 'n lee bord voor my, sodoende gryp ek ook sommer gou die lee borde weg. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: KOOKFOUTE
« Reply #14 on: October 21, 2021, 12:24:36 PM »
Ek maak nie foute nie. Ek het een keer gedink ek het 'n fout gemaak maar ek was verkeerd.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.