Author Topic: Die sopdieët  (Read 74437 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Die sopdieët
« Reply #15 on: January 21, 2014, 11:39:08 AM »
Google so bietjie "clean eating" en ek is seker jy sal 'n gesonder lewenstyl kan aanpas met hierdie riglyne sonder om te moet dieet.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #16 on: January 22, 2014, 08:57:52 PM »
Ons het gister terug gekom van Auckland af en is nou weer by Jannas-hulle in Whaikanai.  Nou gaan ek weer self kos maak en nog 'n paar dae die sopdieët volg, dan sal ek weer gemaklik voel in my klere.   :icon_biggrin:

Ek sal gaan lees, dankie Terry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Die sopdieët
« Reply #17 on: June 26, 2014, 10:47:59 AM »
Hierdie sop is dieselfde as die koolsop dieet.  In plaas van die boontjies, gebruik jy net baie kool.

Ek het al baie opgelees oor hierdie dieet en dit was ontwerp vir mense wat vir operasies moes gaan en vinnig gewig moes verloor.

Ek doen nou dieselfde dieet, maar die koolsop een.  Ek het ook nie my sop met die pakkie wit uie sop gemaak nie, want die sout inhoud is net te hoog in daardie pakkies.  Ek het eerder 2 eetlepels chilli sous bygesit.  As jou mond brand worry jy nie hoeveel sout daar in is nie   :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #18 on: July 04, 2014, 08:20:11 AM »
Hier's ek weer.   :icon_biggrin:

Die eerste tien kilo's was 'n stryd!  Nou durf ek die volgende paar hardnekkige kilo's aan en ek weet dit gaan baie moeiliker wees, maar aanhouer wen mos.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Die sopdieët
« Reply #19 on: July 04, 2014, 01:06:13 PM »
Sjoe julle kan maar daardie sop eet. Ek stap liewer elke dag 'n kilometer verder as normaalweg om ontslae te raak van kilogramme voor ek sop eet. Lekker eet!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #20 on: July 06, 2014, 09:59:16 AM »
Ai Ans, ek stap en stap en ontbos die erf, speel jukskei en veerpyltjies.  Nou, na twee maande, steek my skaal vas en daar staat hy!  Nou oorweeg ek daardie sop!   :dontknow:
Dalk ken iemand 'n goeie dieet wat ek kan probeer!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die sopdieët
« Reply #21 on: July 28, 2014, 08:28:22 AM »
Ek moet self weer halt roep en beter begin eet en oefen. Ophou rook is nie goed vir die klerekas nie. ;-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #22 on: November 24, 2014, 08:07:53 AM »
Hi Fransi,  dit is nou 'n jaar vandat ek opgehou rook het.   Einde Augustus het ek my doel bereik met die oorgewigstryd en tot nou toe die gewiggies afgehou.  Nou pak ek weer die volgend paar kilo's aan.

Hoe gaan dit met julle?  Hou julle nog vol?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die sopdieët
« Reply #23 on: December 22, 2014, 09:53:55 AM »
Ons hou nog uit, ons het net baie vet geword. Die volgende doelwit: trek my skielike soettand. ;-)

Baie geluk met die gewig en aanhou sterkte met die rook.  :love7:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #24 on: January 17, 2015, 01:35:23 PM »
Lekker lag ek nou vir daai prentjie doe onner...  'Soup of the Day... Whiskey'
Luv it.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #25 on: January 17, 2015, 01:36:40 PM »
My Soup of the Day is koffie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #26 on: January 20, 2015, 12:58:14 PM »
O ja, dit is 'n stryd met die gewig.  Veral noudat ek nie meer rook nie wil ek alles in my mond sit. 

Hier op Leeupoort waar ons nou bly het ons baie baie swak opvangs, dit is hoekom ek so skaars is.  Vergewe tog. 
Om te weet is om te verstaan.