Bak en brou > Groente

Soet mielietert vir 6 eters

(1/2) > >>

PM:
Dit werk heerlik vir 'n soet groente.

Mielietert

60ml meelblom
15ml bakpoeier
knippie sout
60ml suiker
60ml margarien
4 eiers
2 blikke roommielies
Sif meelblom, bakpoeier en sout
saam.
Meng margarien en suiker. Klits
eiers en voeg by margarienmengsel.
Gooi mielies by en meng goed.
Roer droe bestanddele by en meng
goed.
Gooi mengsel in gesmeerde
oondskottel en bak 1 uur by 180C.

Terry:
Dit klink baie lekker.

PM:
Ek het al die resep vir 'n kleiner gereg geplaas, maar dit is asof die bak alewig te groot wil wees vir die minder bestanddele.  Hierdie een is regtig sappig en smaaklik.  Die kleingoed is ook mal daaroor, want dit is mos soet!   :icon_biggrin:

Jeannedarc:
Mmm, ek het 'n spesmaas dat, as mens ertjies hierby sou voeg; . . . wel ek lief ertjies en ek dink net dit sal bietjie lekker wees. ek dink mens kan dit omskep in 'n souffle, 'n Souffle hoef mos nie sout te wees nie.

PM:
Nou praat jy.  Maak 'n proeflopie en kom deel die resep.  Dit klink heerlik en ek het altyd 'n probleem om 'n soet gereg voor te sit. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version