• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons praat VARK RIBBETJIE

Started by Terry, November 18, 2013, 09:14:49 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

please forgive my ignorance but what is kosher salt?

Terry

Ek dink dis maar dieselfde as seesout, daaride growwe groot soutkorrels.

PM

Ek het ook gaan soek wat dit is en het hierop afgekom:  "Kosher salt contains no additives"  nou weet ek ok.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Terry

Rooibostee varkribbetjie:

1 heel varkrib (sowat 2 kg)
MARINADE
250 ml (1 k) sterk rooibostee
125 ml (½ k) olyfolie
125 ml (½ k) tamatiesous
125 ml (½ k) sterk blatjang
30 ml (2 e) worcestersous
45 ml (3 e) balsemieke asyn
10 ml (2 t) knoffel, gekap
10 ml (2 t) heelkorrelmosterd
2 sopies brandewyn
3 ml (ruim ½ t) tabascosous
5 ml (1 t) suurlemoenpeper
5 wonderpeperkorrels
3 lourierblare
SWOERD
growwe sout
olyfolie
suurlemoensap

    Sny die swoerd (vet) van die ribbetjie af en hou in die yskas.
    MARINADE Meng die bestanddele vir die marinade in 'n kastrol en bring tot kookpunt.
    Laat afkoel, giet oor die rib en marineer oornag in die yskas. Haal die rib uit die marinade.
    SWOERD Sny met 'n baie skerp mes van bo na onder lang kepe in die vel sonder om dit dwarsdeur te sny; die vel moet steeds een stuk wees.
    Vryf die vel goed in met die sout, olie en suurlemoensap. Braai die swoerd op baie warm kole tot bros en breek in stukke vir 'n voorgereg.
    RIB Nou is die kole reg vir die rib. Braai dit 45 minute liniaalhoogte van die kole af. Bedruip deurentyd met die marinade.

PM

Dankie vir die resep Terry.  Dit sal goed werk hier in die bos op die kole.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Terwyl een van ons gaste hierdie onderwerp 'print' raak ek slimmer en hongerder  :notworthy: :toothy4:

PM

Gerhard maak die heerlikste varkrib op die kole.  Nou is ek ook honger Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Dit is wonderlik om te weet hoeveel mense van die forum gebruikmaak vir inligting.  Ons is wenners!
Om te weet is om te verstaan.