Bak en brou > Braaivleisgeregte

Pap bolletjies

(1/1)

Terry:
As jy lus is vir ietsie anders as gewone pap en sous met jou volgende braai, probeer gerus hierdie resep.

PAP BOLLETJIES
(mens kan nie net een of twee eet nie, gevaarlike goedjies hierdie!)

1 x koppie koue slap pap. (Gaar, moet koud wees en lekker slap)
1 x koppie meel.
1 x koppie kaas.
1 x teelepel bakpoeier.
1 x teelepel sout.
1 x eier.

Meng alles saam en skep lepels vol in warm olie. Strooi Aromat oor of sny oop en sit Marmite/Bovril in...wees net uiters versigtig, mens is geneig om die hele bak op een slag te wil opeet!

PM:
Waar het jy hierdie resep weggesteek Terry?  Dit lyk en klink heerlik!  Dankie vir die plasing.   :love7:

Navigation

[0] Message Index

Go to full version