Author Topic: Oppad...  (Read 2578 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Oppad...
« on: October 19, 2013, 07:32:02 AM »
Nou ja, so kom ek alweer aan die begin van 'n nuwe rigting in my daaglikse doen en late.
Ek's oppad Wildernes toe om 'n baie fragile Mamma te gaan optel om hier by my in die Moederstad te kom bly.
Ek moes dinge bietjie verander by die huis om haar te akkommodeer.  Sy sou dit ook vir my gedoen het, as dit die geval was dat ek hulp nodig sou he.
Dat dit 'n uitdaging gaan wees om alles wat nodig is in een dag in te prop, is nie te betwyfel.  My slaapure, alreeds beperk tot soms min, gaan nou nog meer krimp.
Sy was nog altyd 'n baie sterk en besige vrou.  Maar een of ander tyd begin die ouderdom jou wys dat jy nie vir ewig hier op aarde sal 'dwell' nie. 
Op 90jaar het Osteoporose in die linker heup en knie oorgeneem en kan sy nie meer loop sonder haar kierie.  (Op my aandrang, het sy die opvoubare kierie in die tas gepak die vorige keer toe sy hier gekuier het.  'Ma sal dit maar saamneem net omdat jy so 'nag'.)  Binnekort sal ons 'n rystoel aanskaf om die strate en die winkelsentrums aan te durf.  Ja, Ouma gaan nuwe wiele kry.  Sou ons 'n lisensie en nommerplate nodig he vir so 'n 'voertuig'?   :icon_biggrin:
Die verstand is nog helder.  Blokkiesraaisels en lees hou dit besig. Ook hou sy van koerant lees op internet.  Ons sal ook Google inspan om meer te wete te kom van Osteoporose en hoe ons die dinge kan hanteer.
Nou ja, ons het nie altyd beheer oor hoe ons lewens gaan verloop nie.  Ons het wel beheer oor hoe ons dit gaan hanteer wat die lewe ons mee gooi.  Of hoe?

 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oppad...
« Reply #1 on: October 21, 2013, 10:55:30 AM »
Ek lig my hoed vir jou Elle en buig beslis die knie.  Jy pak die "nuwe avontuur" aan met woord en daad.  Daar sal beslis uitdagings wees, maar die laaste liefdesdiens sal vir jou geweldig baie vreugde bring.  Sterkte my matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Oppad... en Uit en Tuis..
« Reply #2 on: October 24, 2013, 06:59:01 PM »
Kannie glo ons was en is alweer byna 'n week terug by die huis.
Wat 'n fantastiese breuk was dit nie.  Nou nie dat ons dae lank langs die waters gele en voetpaadjies en strand gestap het nie.  Maar die omgewing is so mooi en die reuk van duine en bossies en soutbries...  awesome.  Soos poeding net voor payday.
Wanneer ons ry is dit ook die 'journey' wat tel.  Baie pitstops.  Net om weer soos 'n cheetah te spoed om tyd op te maak. 
Die mense daar onder in Mosselbaai, George en Wilderness omgewing is baie vriendelik.  Wil ook kort-kort 'n foto van ons neem.  Ongelukkig kon ons nie op daardie spoed stop om te smile nie, ons het maar net voort gespoed.  Ons hoor ons sal later die foto's in die pos kry.  Hie hie.. Ja, ne.
Geen probleme hier by die huis.  Nog nie.  Als net baie stadiger op hierdie oomblik.  Sal maar sien hoe ons die winkels sal aandurf oor die naweek.  Nou nie dat ek my kop daaroor breek.
Just do it.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oppad...
« Reply #3 on: October 28, 2013, 07:12:11 AM »
Ons lief ook daai omgewing.  Laas toe ons daar verby is het hulle ons ook afgeneem, weet presies waar ook.   :icon_biggrin:  Gelukkig was die boete maar min.   :icon_biggrin:
Jou positiewe uitkyk sal jou nog ver bring my matertjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.