Bak en brou > Braaivleisgeregte

Kaserige hoender en spinasie braai pastei

(1/2) > >>

Terry:
Hierdie resep lyk vir my heerlik en ek dink mense sal mal wees hieroor.

Bestanddele:

2 Rolletjies skilferkorsdeeg, ontdooi
1 Ui, fyngekap
1 Rooipeper, fyngekap
4 Hoenderborsies, in klein repies gesny
1 Pakkie fyngesnyde spek repies
1 Bondel spinasie, gewas en fyngekap
1 Houertjie sampioene, skoongemaak en in repies gesny
1 Koppie mozzarella kaas, gerasper
1 Koppie cheddar kaas, gerasper
Halwe koppie feta kaas
1 Eier, geklits

Metode:

Braai jou spek in 'n pannetjie.  Sit die ui en rooipeper by en braai tot sag.  Sit die sampioene by en braai verder.  Braai dan die hoender repies saam tot gaar.  Hier kan jy sout en peper bysit na smaak.

Smeer jou braai rooster met botter aan albei kante.  Rol dan een rolletjie deeg oop op een kant van die rooster. 

Sit helfde van die spinasie bo-op die deeg en dan die hoender mengsel.  Gooi al die kase bo-op die hoender en dan laastens die res van die spinasie.

Rol jou 2de rolltejie deeg bo-op.  Met jou vingers druk albei kante van die deeg saam om hom 'n pastei te maak.

Maak 4-5 gaatjies bo-op met 'n mes.

Smeer die eier aan beide kante van die pastei en sit op 'n koelerige braai vir omtrent 20 minute waar jy elke nou en dan die rooster omdraai.

PM:
Baie dankie Terry, dit lyk behoorlik na 'n fees.  Ek lief daardie pastymetode.  Ons moet dit gerus probeer.  Dit kan ook heerlik afgaan in die plek van braaibroodjies. 

Terry:
Ek stem saam PM.

Maar ek het met hierdie resep hieronder begin dink en sommer gou my eie een ook geskep wat ek heel eerste gaan probeer.

Bestanddele:

2 Rolletjies skilferdeeg, ontdooi (die kaas en kruie een)
2 Uie in ringe gesny
3 Tamaties in ringe gesny
Baie gerasperde cheddar kaas
Appelkoos konfyt
Sout & peper
1 Eier geklits

Hierdie sal nou presies wees soos jy jou gewone braaibroodjies maak, maar in plek van die brood is dit nou net die deeg.

Smeer 'n lagie konfyt op die een rolletjie deeg.
Sit die gerasperde kaas bo-op die konfyt.
Dan kom die ringe tamatie en uie laastens.
Sit baie sout en peper op en dan die laaste rolletjie deeg.
Vou toe soos 'n gewone pastei en verf die eier aan beide kante.

Braai vir so 20 minute.

Ek dink hierdie gaan die ou braaibroodjies se plek heeltemal kom oorvat!

Angelica:
Ek sien daai lekker braaipastei...
Ek sien ook die appelkooskonfyt vir braaibroodjies.  Nou, ek het eenkeer gelees dat sommige mense sweer by die jam op die braaibroodjie en ander kan hulle nie indink dat jy 'n soet braaibroodjie by jou tjoppie moet eet nie.
Ek verkies myne sonder jam en met X-TRA kaas.  Dit moet oor lou kole vir 'n laaaang ruk oor die kole le.  Die kaas moet trek.  Verseker.  Anders gaan dit terug rooster toe.  Dit is nou as iemand my nooi vir 'n braai.

PM:
Ek het nog nie braaibroodjies met konfyt en tamatie en uie op ge-eet nie.  Sal dit beslis probeer wanneer jy dit maak Terry.  Vanaand sal ek die onderste resep probeer. 
Konjam is lekker op 'n roosterbroodjie saam met spek en eiers, of oatspap.  Ek lief oatspap vir ontbyt. 

Dit sou  heerlik wees as jy kon kom saam braai Els. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version