Author Topic: Blitz gedigstruktuur  (Read 10166 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Blitz gedigstruktuur
« on: June 07, 2011, 05:20:37 AM »
Skryf gerus saam aan hierdie struktuur,  dit is nogal 'n ondervinding.  Begin net,  die res sal inval. 

Hierdie is ‘n gedigstruktuur wat deur Robert Keim ontwikkel is.
 
Dit word geskryf in kort frases wat vinnig gelees word.  “Blitz”  (Haal net vinnig asem tussen in)

Die struktuur bestaan uit ‘n titel van die gedig, bestaande uit drie woorde.  Stel die titel saam uit die eerste woord van reël drie en die eerste woord van reël 47.

Daar is 48 kort reëls met die minimum van twee woorde per reël.  Geen leestekens.  Dan word die gedig met nog twee reëls afgeluit:  Die laaste woord van reël 48 en die laaste woord van reël 47.  (50 reëls in totaal.)

Voorbeeld

Titel: Wolke is natuur

Begin nou die gedig met ‘n kort frase.

1)   Reën is hemels

Die volgende frase moet begin met die eerste woord van die eerste frase.


2)   reën is dragtige wolke


Begin die derde en die vierde frase met die laaste woord van reël 2.  (wolke)

3)   wolke wat hang in die lug
4)   wolke wat lewe gee

Die vyfde en sesde frase begin met die laaste woord van reël 4, en so volg ‘n mens die patroon van herhaling tot by reël 48.

5)        gee skoonheid
6)        gee krag
7)        krag vir verstand
8)        krag vir die dag
9)        dag om te werk
10)      dag om te speel
11)      speel vir vreugde
12)      speel vir die siel
13)      siel is gevoed
14)      siel is vol
15)      vol van blydskap
16)      vol van vreugde
17)      vreugde vir mens
18)      vreugde op aarde
19)      aarde van storms
20)      aarde van oorloë
21)      oorloë is sleg
22)      oorloë is wreed
23)      wreed teen mens
24)      wreed teen dier
25)      dier so afhanklik
26)      dier so vry
27)      vry van plig
28)      vry van sonde
29)      sonde teen die mens
30)      sonde teen God
31)      God is goed
32)      God is groot
33)      groot van liefde
34)      groot van genade
35)      genade vir almal
36)      genade vir alles
37)      alles op aade
38)      alles daar bo
39)      bo ons verstand
40)      bo ons denke
41)      denke van vrede
42)      denke van plesier
43)      plesier van eet
44)      plesier van drink
45)      drink die liefde
46)      drink die natuur
47)      natuur is wonderlik
48)      natuur is salig
49)      salig…   (laaste woord van reël 48)
50)      wonderlik…   (laaste woord van reël 47)
« Last Edit: June 11, 2011, 08:24:19 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Blitz gedigstruktuur
« Reply #1 on: June 07, 2011, 09:46:35 AM »
Bossies se voortbestaan

Dorre Karoovlaktes
dorre peperkorrel bossies
Bossies oortrek met stof
bossies kaalvinger smekend
Smekend om genade
smekend vir lewens water
Water vanuit hemel
water uit verre wolkies
Wolkies saamgepak op horison
wolkies deinstig vêr
Vêr van verligting
vêr bo dorre aarde
Aarde wagtend
aarde soekende
Soekende verlange
soekende hulpkreet
Hulpkreet na verlossing
hulpkreet om lewe
Lewe in die grond
lewe in bossies
Bossies weer skoon
bossies getooi in groen
Groen die takkies 
groen die aarde
Aarde dankbaar
aarde versadig
Versadig in die soeke
versadig in geboorte
Geboorte van lewe
geboorte van voortbestaan
Voortbestaan verseker
voortbestaan vasgevang
Vasgevang in bossies
vasgevang in dierasies 
Dierasies jubel
dierasies dans
Dans om grasgroen bossie
dans van lewensvreug
Lewensvreug gestort
lewensvreug ontvang
Ontvang uit hemelswater
ontvang vanuit natuur
Natuur wat onderhou
natuur wat omgee
Omgee vir haar wesens
omgee voortbestaan
voortbestaan van almal
voortbestaan van lewe
Lewe… 
Almal…


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Blitz gedigstruktuur
« Reply #2 on: June 07, 2011, 11:10:43 PM »
iets wat ek ook gaan probeer, ek hou van julle werk, dit vertel so baie en vind aanklank by elke emosie weens die herhalings.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Blitz gedigstruktuur
« Reply #3 on: June 10, 2011, 08:57:56 AM »
 :hello2:  Dit is heerlik om hierdie gedigstruktuur te skryf en heerlik om dit te lees!   :hello2:

Pragtig Naas!   :icon_salut: 

Ek daag almal uit om een te skryf!  Vat hom Flaffie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Blitz gedigstruktuur
« Reply #4 on: June 13, 2011, 01:00:18 PM »
Hou vir hou!

ek wil nie meer weg hardloop nie
ek wil jou net styf teen my hou
hou-op verdwyn
hou jou arms uit
uit die oog van liefde
uit soeke van verward
verward word gevind
verward kom onthou terug
terug waar jy hoort
terug in ons liefdes kring
kring van ‘n sirkel
kring wat terug na geluk huppel
huppel jou lag terug in my ore
huppel jy voor my geestes oog in
in my drome sal jy altyd bly
in my lewe is waar ek jou soek
soek ek jou reuk in jou kussen
soek ek nog bietjie langer in jou arms lê
lê daar ‘n wereld voor ons oop
lê ons geluk by ons voete
voete wat wil dans
voete warm bymekaar
bymekaar sal ons vind
bymekaar hoort ons saam
saam deur die lewe loop
saam sal ons alles oorwin
oorwin my hart
oorwin jou hart
hart vol begeerte
hart vol wense
wense moet saam jou loop
wense is ‘n droom
droom oor ons twee
droom ons lewe saam
saam gaan ons oud word
saam wil ek jou vrou bly
bly dis jy wat my gekies het
bly tog net by my
my grootste begeerte is jy
my grootste vrees om jou te verloor
verloor is ‘n pyn
verloor wil ek vermy
vermy my nooit
vermy dus die versoeking
versoeking is jy vir my
versoeking wat ek by my wil hou
hou ons droom waar
hou ons belofte
belofte...
waar...

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Blitz gedigstruktuur
« Reply #5 on: June 13, 2011, 03:07:12 PM »
Wow Trappies  :hello2:   :icon_salut:  Dit is goed gedoen matertjie.  Het jy dit geniet om te skryf? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Blitz gedigstruktuur
« Reply #6 on: June 20, 2011, 01:06:05 AM »
Hierdie gedig is vir my Meisiekindjie geskryf. Soms verstaan ons nie die kronkelpaaie en afgronde wat gapend wag dat ons moed opgee en die donker sluiers van wanhoop ons beroof van 'n toekoms.

Daar is weer blink liggies en my kind se oë, en die keer is dit nie trane nie! Vanuit die niet, het daar weer 'n prins tussen die blaaie in haar storie verskyn en die liefdesvlamme verberg die letsels in harte. Klein en groot. Jonk en oud.

Kronkelpad 'n pelgrimstog

1.  My knieë al eelte
2.  my gebede 'n kronkelpad
3.  kronkelpad na êrens
4.  kronkelpad na iewers
5.  iewers tussen niks
6.  iewers tussen newels
7.  newels van mislukkings
8.  newels van vergeet
9.  vergeet die seer
10. vergeet en onthou
11. onthou net die mooi
12. onthou dit want dan
14. dan vind jy vreugde
15. dan weerkaats vrede
16. vrede wat verseël
17. vrede wat oorbrug
18. oorbrug afstande
19. oorbrug afgronde
20. afgronde van haat
21. afgronde van wanhoop
22. wanhoop verberg
23. wanhoop verwurg 
24. verwurg siele
25. verwurg uitkoms
26. uitkoms na môre's
27. uitkoms wat vertel
28. vertel van klokkespel
29. vertel van sprokies
30. sprokies oor prinse
31. sprokies wat afspeel
32. afspeel in harte
33. afspeel in teaters
34. teaters van die lewe
34. teaters met sterre
35. sterre wat skitter
36. sterre wat wink
37. wink ons nader
38. wink vol beloftes
39. beloftes gegriffel
40. beloftes op blaaie
41. blaaie met verse
42. blaaie met psalms
43. psalms van Dawid
44. psalms vol poësie
45. poësie wat aangryp
46. poësie 'n pelgrimstog
47. pelgrimstog na êrens
48. pelgrimstog na iewers
49. iewers ....
50. êrens ...

©Meraai vannie baai

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Blitz gedigstruktuur
« Reply #7 on: June 20, 2011, 01:17:33 PM »
Dit is werklik met deernis en so gevoelvol geskryf!  Nog steeds een van my gunstelinge! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Blitz gedigstruktuur
« Reply #8 on: June 21, 2011, 12:00:15 AM »
PM die lekker 'oefen' met strukture dwing 'n mens om heeeeeeeel anders na alles om jou te kyk. Te delf na woorde wat ons andersins nie sommer sou inspan in herhaalde vorm soos met hierdie soort van digvorme. Ek GANIET in oorgawe. Toe jy lankal vir ons hierdie struktuur so pragtig uiteengesit het was dit 'n henske uitdaging  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Blitz gedigstruktuur
« Reply #9 on: June 21, 2011, 09:02:18 PM »
Jy laat my nou dink aan iets wat ek gelees het waar 'n groot gees gesê het dat 'n digter 'n vakman is.  'n Vakman is mos 'n meester van sy vak en 'n meester maak gebruik van gereedskap en hy be-oefen sy vak daagliks!  Hy werk en werk totdat sy produk volmaak is.  Fyn afgerond,  soos die beiteltjie,  geslyp totdat dit klink en blink. Dit maak my hartseer  dat ek nie die nodige tyd het om af te staan aan my liefde vir my taal nie!  Hierdie laaste drie jaar was woes,  mag die volgende sewentig net rustig wees!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Blitz gedigstruktuur
« Reply #10 on: October 10, 2021, 04:18:38 PM »
O ja, ek het hierdie struktuur terdee geniet.  Meer nog het ek nou weer julle bydraes gelees en my tone krul nog. 
Dit is 'n heerlike uitdaging. 
Om te weet is om te verstaan.