Digkuns > Digformules of -strukture

Blitz gedigstruktuur

<< < (2/3) > >>

PM:
Wow Trappies  :hello2:   :icon_salut:  Dit is goed gedoen matertjie.  Het jy dit geniet om te skryf? 

Meraai vannie Baai:
Hierdie gedig is vir my Meisiekindjie geskryf. Soms verstaan ons nie die kronkelpaaie en afgronde wat gapend wag dat ons moed opgee en die donker sluiers van wanhoop ons beroof van 'n toekoms.

Daar is weer blink liggies en my kind se oë, en die keer is dit nie trane nie! Vanuit die niet, het daar weer 'n prins tussen die blaaie in haar storie verskyn en die liefdesvlamme verberg die letsels in harte. Klein en groot. Jonk en oud.

Kronkelpad 'n pelgrimstog

1.  My knieë al eelte
2.  my gebede 'n kronkelpad
3.  kronkelpad na êrens
4.  kronkelpad na iewers
5.  iewers tussen niks
6.  iewers tussen newels
7.  newels van mislukkings
8.  newels van vergeet
9.  vergeet die seer
10. vergeet en onthou
11. onthou net die mooi
12. onthou dit want dan
14. dan vind jy vreugde
15. dan weerkaats vrede
16. vrede wat verseël
17. vrede wat oorbrug
18. oorbrug afstande
19. oorbrug afgronde
20. afgronde van haat
21. afgronde van wanhoop
22. wanhoop verberg
23. wanhoop verwurg 
24. verwurg siele
25. verwurg uitkoms
26. uitkoms na môre's
27. uitkoms wat vertel
28. vertel van klokkespel
29. vertel van sprokies
30. sprokies oor prinse
31. sprokies wat afspeel
32. afspeel in harte
33. afspeel in teaters
34. teaters van die lewe
34. teaters met sterre
35. sterre wat skitter
36. sterre wat wink
37. wink ons nader
38. wink vol beloftes
39. beloftes gegriffel
40. beloftes op blaaie
41. blaaie met verse
42. blaaie met psalms
43. psalms van Dawid
44. psalms vol poësie
45. poësie wat aangryp
46. poësie 'n pelgrimstog
47. pelgrimstog na êrens
48. pelgrimstog na iewers
49. iewers ....
50. êrens ...

©Meraai vannie baai

PM:
Dit is werklik met deernis en so gevoelvol geskryf!  Nog steeds een van my gunstelinge! 

Meraai vannie Baai:
PM die lekker 'oefen' met strukture dwing 'n mens om heeeeeeeel anders na alles om jou te kyk. Te delf na woorde wat ons andersins nie sommer sou inspan in herhaalde vorm soos met hierdie soort van digvorme. Ek GANIET in oorgawe. Toe jy lankal vir ons hierdie struktuur so pragtig uiteengesit het was dit 'n henske uitdaging  :love7:

PM:
Jy laat my nou dink aan iets wat ek gelees het waar 'n groot gees gesê het dat 'n digter 'n vakman is.  'n Vakman is mos 'n meester van sy vak en 'n meester maak gebruik van gereedskap en hy be-oefen sy vak daagliks!  Hy werk en werk totdat sy produk volmaak is.  Fyn afgerond,  soos die beiteltjie,  geslyp totdat dit klink en blink. Dit maak my hartseer  dat ek nie die nodige tyd het om af te staan aan my liefde vir my taal nie!  Hierdie laaste drie jaar was woes,  mag die volgende sewentig net rustig wees!  :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version