Bak en brou > Eenpotgeregte / Eenbakgeregte

Maklike eiers

(1/1)

Terry:
Hier is 'n maklike en nuwe (nuut vir my) resep vir ontbyt.  Ek dink nie dit kan makliker raak as dit nie!

Bestanddele:

Eiers
Gesnyde ham
Gerasperde kaas
Gebraaide uie
Sout en peper na smaak

Metode:

Smeer jou muffin pannetjie met botter.
Sit eerste 'n dik lagie ham in elke holte van die pannetjie.  Dan die uie en die gersperde kaas bo-op.  Breek jou eiers bo-oor die kaas en gooi sout en peper op.

Bak vir so 15-18 minute of totdat jou eiers sag/hard is na jou smaak.

Dit sal heerlik wees saam met lekker warm geroosterde brood.

Angelica:
Lekker...

PM:
O ja, dit is die soort kos wat ek wil maak.  Maklik en heerlik.  Dankie Terry. 

Navigation

[0] Message Index

Go to full version