• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Two minute noodles...

Started by Angelica, August 15, 2013, 08:08:20 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Two minute noodles...
Ingredients:
1 pakkie 2minute noodles van jou keuse
All Gold tamatiesous
Botter of margarien
500ml kookwater

So maak mens:
Skakel ketel aan en kook 500ml water.  
Intussen, sny die pakkie 2minute noodles oop en sit die noodles in 'n bakkie.
Hou die pakkie geurmiddel eenkant.
Wanneer die water kook, gooi klompie oor die noodles en plaas bakkie op die bord in 'n mikrogolfoond.
Stel die mikrogolfoond op 2 minute en skakel aan.
Kry die botter of margarien en die All Gold tamatiesous uit die yskas.
Net betyds om die noodles uit die mikrogolf te haal.
Gooi inhoud van die geurmiddel-pakkie oor die noodles, sit 'n blop botter ook op en gooi soveel as wat jy van hou All Gold tamatiesous ook oor die noodle'tjies.
Meng.
Geniet.
elle

PM

Ek lief jou sin vir humor, maar daardie blop botter en tamatiesous maak jou oodles of noodles uniek.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Terry

Lekker maklike resep, ek sal net gerasperde cheddar bysit wanneer die noodles nog warm is.

PM

Ek lief noodles.  Oodles of noodles! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

As ons kamp, pak ek gewoonlik two minute noodles ook in. Die gaarmaakproses (as daar krag beskikbaar is) net soos joune Elle. Ek plaas so handvol gemengde groenslaaiblare onder in bakkie. Dan die noedels en bo-op frommel ek bietjie feta en trek so paar sig-sag strepies met 'n brandsousie bo oor alles. Die kombinasie werk perfek!

PM

Dit is nou vyf jaar later en Angelica het al oor 1200 mense geleer om oodles of noodles te kook.   :icon_biggrin:   Ek wonder hoeveel van daai mense het al hoeveel ander mense geleer.   :bootyshake:   
Om te weet is om te verstaan.