Author Topic: Wegkruipertjie  (Read 15509 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #30 on: October 13, 2021, 04:57:36 AM »
Ek het al baie gewonder wat is 'n mooi afrikaanse naam vir die duur beskuimde restaurantkoffie.
Besef nou op die plaas kom die skuim en room gratis uit die uier uit terwyl die rastaurant duur masjiene nodig het vir die kusmatige vervaardiging.
Hartseer maar waar. Daar isbaie sulke voorbeelde van gratis luukses wat nou op afgebrande plase verdwyn.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wegkruipertjie
« Reply #31 on: October 13, 2021, 11:48:20 AM »
Sluk ek nou swaar Naas. Net gister vertel Gawie vir my van die familieplaas wat afgebrand het en hoe die kannetjies help vuurslaan het in so mate dat sy hulle jammer gekry het en tuisskool 'n bietjie eenkant toe geskuif het sodat hulle kon rus.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #32 on: October 13, 2021, 12:21:20 PM »
En die donners wat brandsteek kom weg terwyl die aanhitsers met blosende T-hemde in die Parlement sit en slaap of skande maak.

 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: October 13, 2021, 01:36:16 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Wegkruipertjie
« Reply #33 on: October 13, 2021, 04:25:44 PM »
So waar julle. Die wat die oorsaak van al die ellende is, is die wat bakhand by n robot staan, terwyl jy hom n randjie of n eet dingetjie gee, bewerk hy die draai-rigting van die dolk in jou rug.
Die kyke deesdae na die lootery hier by ons, die kyke uit die oog van die moordenaar, die verwoester, die een wat hom die reg los gedans het by n opstoker en propaganga byeenkoms, dis hy met sy kyke, wat die vuurhoutjie trek....
Vra ek op my kniee asseblief vergewe my, dan sien ek die vlamme en voel die hitte teen my wange gloei...
Meraai, om te dink die klonge of 'klonkies' moet eers rus oor hulle so vuurslaan... die herinneringe van ons beesplaas wat afgebrand het jare toet, en later die vreeslike brande in die plantasies van die bosbou plase.... dis nooit iets wat maklik oor jou lippe kom nie...
Sê my pa destyds, die elemente is iets wat jy respek voor moet hê my kind. Vuur, water, wind, sneeu, son... moet nooit moeder natuur kwaad maak nie.
Jy maak ook nie kinders kwaad nie....as jy hom moet foeter, dan foeter jy vir hom dat hy weet hy is gefoeter, anders maak jy hom kwaad...
 n Kind wat kwaad is, verwoes alles, ook respek.
Ons speel wegkruipertjie, en soms is dit beter om langer in die donker weg te kruip, want die realiteit is soms n monster.
Maar ons is Afrikaners, en wat is ons beste karakter-trekke? Ons bou op en ons kyk op en ons beur voort.
En ons humorsin is die beste ter wêreld! Kyk nou maar vir "my f#k Marileze"... en dis maar n baaisiekel.
Ons is nou uit in die son, soek die forum se goeie geselsskap en kuier te lekker


Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #34 on: October 13, 2021, 04:43:52 PM »
En Naas se SELA!

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wegkruipertjie
« Reply #35 on: October 13, 2021, 11:19:42 PM »
Liefste ou Antjie Patat, ek gee op om te probeer verstaan wat 'n persoon na sulke dade lei  :crybaby2: ons het ook die verwoesting van vure ervaar hier in Gatkantland. Ek gee ook my Sela saam met Naas op jou woorde.

Ons speel wegkruipertjie, en soms is dit beter om langer in die donker weg te kruip, want die realiteit is soms n monster.
 :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #36 on: October 14, 2021, 08:00:47 AM »
Ek hap seker ma die poep in my badwater as ek sê dat dit tyd is om saam te staan.  Verdeeldheid is 'n groot probleem. 
Ek praat nie graag politiek nie, ook nie hier op die forum nie, maar as almal wat kan stem gaan stem en slegs vir die oposisieparty, sal dit baie help.  Jou stem is geweldig belangrik, al sê elke tweede Afrikaner dat dit tog niks help nie.  Dit help!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #37 on: October 14, 2021, 08:16:17 AM »
Kom ons kyk bietjie wat gebeur in die stemlokale. Ons maak dit eenvoudig.
Daar is tien mense wat stem. 6 stem ANC. Maw ANC kry 60% van die stemme.
Nou besluit een van die ander vier sy stem maak nie saak nie en hy gaan stem nie.
Inndie geval kry die ANC nou 6 stemme teen drie. Nou het die ANC 'n meerderheid van 66.7% van die stemme

AS JY NIE STEM NIE TEL JOU STEM VIR DIE ANC. Dis so eenvoudig soos dit...
As jy nie deelneem nie moet jy dus jou bek hou as dinge verkeerd loop.

  :icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #38 on: October 14, 2021, 08:23:29 AM »
Dankie Naas, ek wens elke Suid Afrikaner wil dit verstaan.
Kerk en politiek!  Dit was die twee hoof onderwerpe in die huise toe ons kinders was.  Vandag weet die kinders nie eers waaroor die politiek gaan nie, en van hulle weet ook nie eers wat in die kerk aangaan nie. 
Om te weet is om te verstaan.