Author Topic: Bolandse berge  (Read 3795 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Bolandse berge
« on: August 10, 2013, 08:19:19 AM »
hierdie gedig 2 uur die oggend geskryf nadat ek uit 'n malariakoma wakker geword het.

Ek kyk op na my Bolandse berge
Donkergrys, gekroon met wit slierte hare
Silwergrys langes die slape
Soos 'n oumens in sy jare,   

Ek voel my oë swel saam met die dam
Wat tranerig oorloop in 'n silwer doolhoof
Vallend, skuimend oor ongestrykte voorhoof

En ek volg dit verder soos dit gaan
Tussen klipgepokte neus en rimpel wang
Tot waar lowergroen snor op bolip hang.

Deur die snor, oor grot wat oopmond gryns
Stort dit af tot op die slykgroen kinnebak
Terwyl gevlerkte muise dankbaar neerkyk uit die dak.

Kaalgespoelde klippe vertraag die skuimende gejaag
Tot waar die berg se voet staan in die dal
Om moeg en uitgeput in die wegvoervoor te val.

Dan word dit opgetel en meegesleur
Om bok-bok te speel oor klippe
En te borrel deur die bossies en die wippe.

Ek kyk af en sien die tranekolle op my voete
Hoor hoe dier en veld hul woordeloos verbly
Dit fluit en suis en juig oor lewenswater wat dit kry.

Ja, dit sneeu weer op my Bolandse Berge.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bolandse berge
« Reply #1 on: August 10, 2013, 08:23:22 AM »
Sjoe... dis pragtig!!
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bolandse berge
« Reply #2 on: August 10, 2013, 09:37:09 AM »
Hierdie gedig wen loshande!  Dit is werklik uitmuntend geskryf.   :notworthy:  Behalwe dat ek rilling op rilling ervaar as ek dit lees het ek nie ander woorde nie.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Bolandse berge
« Reply #3 on: August 10, 2013, 03:22:42 PM »
stunning!!  sommer net stunning!!

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Bolandse berge
« Reply #4 on: October 03, 2013, 02:17:53 PM »
Jinne, maar jy kan toor met woorde! Mens sien sommer daardie berge en alles wat waarmee dit gepaardgaan :hello2:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bolandse berge
« Reply #5 on: October 03, 2013, 03:35:16 PM »
Skitterend geskryf.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Bolandse berge
« Reply #6 on: October 03, 2013, 06:17:48 PM »
Dankie julle. Ek knak die knie vir die komplimente vanaf ander wat mag skryf.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Bolandse berge
« Reply #7 on: October 04, 2021, 06:41:09 PM »
Lees oor 'n gas se skouer en stof weer malaria-herrineringe af. Dankbaar dat ek nog betraand kan raak, saam kan huppel met my mense en sommer net nog kan leef.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bolandse berge
« Reply #8 on: October 04, 2021, 07:04:47 PM »
Hoe dankbaar is ek tog nie vir hierdie gas nie!  Naas. dankbaarheid is ook net 'n vinger lank! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bolandse berge
« Reply #9 on: October 04, 2021, 10:49:17 PM »
WOW!! Boektoegehalte soos altyd  :book1: :notworthy:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Bolandse berge
« Reply #10 on: October 06, 2021, 07:40:54 AM »
 :hello:

Jy kan maar maatjie.

 :hello2:

 :angel12:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Bolandse berge
« Reply #11 on: October 06, 2021, 09:57:23 AM »
Whoop whoop... Ta TRAPPIES WAS HIER!!!

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bolandse berge
« Reply #12 on: October 06, 2021, 11:00:23 AM »
Ek huppel en dans saam jou Naas. Ons Trappies is terug  :angel8: :headbang:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Bolandse berge
« Reply #13 on: October 06, 2021, 12:59:26 PM »
Daai was Assie wat so onbeheersd geraas het Ta Raaitjie maar ek moet se ek het ook nou amper my kantoorstoel omgegooi toe ek sien Trappies dwaalweer bietjie hier rond.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Bolandse berge
« Reply #14 on: October 06, 2021, 07:55:10 PM »
Ha ha ha lekker lag ek nou.  Ek sien in my geestesoog die stoel, jy wat bene in die lug halfpad grond toe is.  :evil6: :evil6:



Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Bolandse berge
« Reply #15 on: October 06, 2021, 08:12:09 PM »
En daar le die stoel... Vyf wiele innie lug.
Gelukkig het ek dit oorleef.
Sien julle erens voor Saterdag by die winkel.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bolandse berge
« Reply #16 on: October 06, 2021, 11:02:22 PM »
Giggel ek vir die prentjie wat my kreukelkamer skets  :toothy4:
« Last Edit: October 06, 2021, 11:04:08 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bolandse berge
« Reply #17 on: October 07, 2021, 07:54:30 PM »
En hier kom ek ook hande swaai en juig!  Ag my liewe Trappies, dit is werklik heerlik om jou hier te sien.
My lewe het net 'n hoepel gegooi en ons kan nie met ons voete op die aarde land nie. 
Dit gaan nie baie goed met Hannes nie en ek was genoodsaak om vir hom 'n outamatiese kar te koop.  Gelukkig lyk dit of die ou in die sewende hemel is. 
Ek is in die sewende hemel om jou hier te sien.  Gee my tog net assebliefie 'n klein kansie om alles uit te sorteer sodat ek weer ten volle kan saam kuier. 
Ons is weer terug in Annlin nadat ons huurder 'n groot gemors van ons plekkie aangevang het.  Wens jy, Andrew en Naas wil sommer net wegbreek en kom help!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Bolandse berge
« Reply #18 on: October 08, 2021, 08:04:22 AM »
Ai PM ek en Andrew so wat wou gee om onse Naas op te pik en deur te ry. Dis net so vas hier.

My pop is mos druk besig om eksamen te skryf. Adrian het ook weer terug gegaan skooltoe.

Oma het nou Alzheimers.  :crybaby2: So ek kan haar glad nie los nie. Sy raak tog te moeilik.

Maar ons moet nooit se nooit nie. Positief bly :toothy4:

(((((((((((HUG)))))))))) lief julle almal baie.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bolandse berge
« Reply #19 on: October 15, 2021, 06:36:36 AM »
Moenie sê ons kry nie blootstelling nie.  Hier is nie veel komtaartjies nie, maar kyk net die aantal kere gelees,
Het ek nou weer hoendervleis Naas.  Of is dit nou krokkedilvel?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Bolandse berge
« Reply #20 on: October 15, 2021, 07:19:37 AM »
Ta PM is maar met min tevrede...
Dis 2117 in 9 jaar. Maw so 4.5 keer per week. Meeste hiervan kort na plasing.
En hierdie kommentaar van my is maar nommer twintig... Maw 2.2 komtare per jaar waarvan meeste kort na plasing was.
Soms kan syfers ons mislei en die waarheid homself in ons koppe versteek.

 :mumum:
« Last Edit: October 15, 2021, 07:22:58 AM by Assie »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bolandse berge
« Reply #21 on: October 15, 2021, 12:00:47 PM »
Mapstieks Assie, dit is steeds beter as niks.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.