die bakkies het baie maklik op die duin se kruin vas gesteek soos hier.
ons bakkie is self 3 keer van die duin afgehelp toe sy pens sleep en hy wil nie vorentoe of agtertoe nie.

aftrek tyd

die duine met die skerp spitse waar mens so maklik vashaak

peet staan en bekyk die aftrek storie

en Armand wys hoe word dit gedoen

en Johannes se beurt

nog duine


soms 'n skerp af soos hier links

en nog duine

sukkel eers om hie rop te kom tot bo en dan skerp af aan die anderkant. hier moes die paar bakkies afgetrek word en heelwat het gesukkel om bo uit te kom.

die uitsig van daar bo waar ons moes oorgaan.

ek het op die gps gekyk, die duin is 130 meter hoog bo kant die pan wat daar onder lê en ons moet daar af met die bakkies.
daai kolletjie in die middel is Armand se land cruiser


die skuinskant van die duin is 308 meter lank en vrek steil, so dat die sand voor die bakkie uit hardloop.

paar fotos van bo geneem


doer onder is so klein kolletjie, dis 'n gemsbok



mens voel eintlik hartseer waneer jy daai mooi uitsig van bo moet agterlaat en verder ry



die rooi duine bly maar mooi

duinegras


dit lyk nie so erg nie maar dis die af kant van daai groot duin.


ons het springbokke onder in die pan gekry

paar van ons het 'n draai gaan ry om fotos te neem


vir sommige mense is die woestyn niks mooi nie maar vir my is alle natuur mooi


ja mooi en indrukwekkend

ons het so om die pan gery en by 'n "berg"opgery en van bo kon ons die kamp sien.
daar heel regs het ek en Piet en Peet gekamp, ver van ander mense en ver van mekaar....oor die snorkery

dit het begin aand word en die kleure het begin verander


ek het weer my hand gewaag aan nagfotografie
weet nie of ek dit regkry nie maar daar kom darem iets uit wat mens nie met die oog kan sien nie.



word vervolg by dag 3 in die woestyn