Author Topic: Mediese Fondse en Hamerhoue..  (Read 2451 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Mediese Fondse en Hamerhoue..
« on: July 30, 2013, 07:53:52 PM »
Wie by 'n Mediese Fonds se aanstellings-kommintee besluit wie kry die job by Customer Service???????
Eerstens moet jy deur Tiene en Ene gaan knoppies druk:  If you are a Member, press 1.  If you are a service provider, press twoooooo... ens ens
Dan kom die deuntjie. En nog presses tot by 6. En weereens die deuntjie.  Ek kan daai deuntjies uit my kop op klawers tokkel sonder 'n musiekstuk.
Wanneer die dame of heer antwoord, moet jy wonder of jy reg gehoor het.  Is dit 'n fluistering?  Is dit 'n geritsel?  Nee, dit is in der waarheid 'n paar woorde.
Vandag praat ek met 'n meneer wat klink of hy OMO met gaskoeldrank gemeng, in sy mond het.  Om die dood kan ek nie uitmaak wat hy se.  Ek was by VYF departments voor ek weer na 'n vorige deurgesit moes word.  NO!! Dit voel of 'n houthamer my tref teen my kop.  I will get the patient to contact you.  Ek het byna 'n driekwart uur met hierdie een gesit en dit vir 'n eis van R 261..  Die telefoon-rekening is amper soveel soos die eis. Profyt daarmee heen.
Vat vyf, Ella.
En ek het bladsye vol queries by bladsye vol mediese fondse met dieselfde frustrasies.
Bring daai hout hamer, ek wil 'n paar kappe maak. 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mediese Fondse en Hamerhoue..
« Reply #1 on: July 31, 2013, 12:52:59 PM »
Dit is vir ons 'n geweldige frustrasie en ek is baie dankbaar dat ek dit baie selde nodig het om hulle te kontak.  Jy moet 'n goue medalje kry!
Dalk help 'n briefie in 'n koevertjie soos van ouds.  ???

. . .wat klink of hy OMO met gaskoeldrank gemeng, in sy mond het.  Daar verstik ek toe in my eie spoeg!  Ou snaaksie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Mediese Fondse en Hamerhoue..
« Reply #2 on: July 31, 2013, 07:13:09 PM »
Lekker lag ek nou.
Dit is net sulke ronde borrel-klanke wat uitkom en met helse gesukkel het ek die naam 'George' en 'department' gehoor.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mediese Fondse en Hamerhoue..
« Reply #3 on: August 01, 2013, 02:16:50 PM »
 :icon_biggrin:  Ek sou nou nooit OMO en gaskoeldrank bymekaar gepas het nie, dalk asyn en koeksoda ja.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.