Bak en brou > Nageregte

Die heerlike poeding

(1/2) > >>

Terry:
Bestanddele:

1 Koppie meelblom
1 Koppie melk
1 Koppie suiker
1 1/2 Eetlepel asyn
1 Eetlepel appelkooskonfyt
1 Teelepel bakpoeier
1 Teelepel koeksoda
1 Eier
Sout

Sous:
1 Koppie suiker
1 Koppie melk
1/2 Koppie kookwater
125gr Botter
1 Teelepel vanieljegeursel

Klits eier en suiker saam
Voeg alle ander bestanddele by, behalwe melk
Meng alles goed en voeg dan melk by
Bak 1uur teen 180grade
Meng en kook sous.  Giet kokende sous oor poeding wanneer uit oond kom.

Bedien op met roomys of vla.

PM:
Baie dankie Terry, nou gaan ek hierdie poeding maak vir vanaand. 

Ek het jare laas 'n gebakte poeding gemaak.  Lui by die bak, maar eerste by die pot!

adele:
my pa het so baie van hierdie poedingdeeg gehou dat hy my ma eendag 'n hele mengsel laat maak het en dit toe in die yskas gebere het en elke dag, 'n week lank, lepelsvol daarvan gaan eet het.
ek dood weer oor die sous vir ander gebakte poedings met ideal melk ... daardie warm mengsel met die ideal melk, suiker en botter is amper lekkerder as kondensmelk met suurlemoensap gemeng.

 :grommit: 

Angelica:
Oeeee...
Ek se niks verder nie.

Terry:
Hier is 'n foto van PM wat self hierdie nagereg gemaak het.  Lyk heerlik!  Oom Hannes kon natuurlik nie ophou spog dat hy so bederf word nie.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version