Author Topic: Hoe diep is JOU sakke  (Read 10317 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hoe diep is JOU sakke
« on: July 25, 2013, 09:43:24 AM »
As daar nou 'n ding is wat my krapperig laat, is dit mense wat welvarend is, wat baie diep sakke het en kort arms.  Ken julle ook sulke mense?
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #1 on: July 25, 2013, 11:19:46 AM »
hoe swaar vir die kameel om deur die oog van 'n naald gegaan ....

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #2 on: July 25, 2013, 12:16:30 PM »
Diep sakke is nie my probleem nie, dis die verdomde gate onder in die sakke wat my onderkry.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #3 on: July 25, 2013, 12:38:06 PM »
Nee jong Naas, hou daai broeksak toe!   :angel4: 

Man, ek het dit teen die ouens wat geld het vir alles, maar as daar iewers nood is dan pleit hulle bankrot. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #4 on: July 25, 2013, 02:42:06 PM »
restaurantetes ... flieks ... chalets by ons is R800 / nag ... nog 'n ontwerpersdenim ... nog nog nog ...

het julle geweet dat R5de die mees getroue kerkgangers is?   :crybaby2:   

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #5 on: July 26, 2013, 05:23:14 PM »
Mense op ons dorp wat besighede het, wat die wette verontagsaam, hulle werknemers nie hulle minimum loon betaal nie, hulle mense vloek en slegsê al doen hulle hulle bes (ek praat van blank en nie blank). Dan is dit mense wat nie 'n Christelike manne aand mis nie. Wat na Anges Buckes (Spel ek dit reg?) se laaste kamp gegaan het. En boeta laat daar net van hom gesteel word! Dan waai die hare. En snaaks genoeg dit is ook die besigheid op die dorp waar daar die meeste diefstal plaasvind.
Sulke mense laat my koud. Hulle is so 'n paar maande aangeval op die plaas. Ek was nie eens jammer vir hulle nie. Ek voel amper of hulle dit verdien. Weet hulle hoe lyk die wêreld om hulle. Sien hulle die arm mense in hulle gemeenskap raak? Sien hulle die swaarkry onder die trotse afkikaners om hulle? As hulle dit nie eens kan raaksien nie, hoe sien hulle nog 'n boemelaar se honger raak? Het hulle 'n gewete?

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #6 on: July 26, 2013, 05:32:06 PM »
O. Ekskuus! Hoe diep is my sak? Ek het nie sakke nie. Ek is te arm.
Ek lief ou mense en kinders, en as ek 'n drukkie hier en daar kan gee dan doen ek dit. As ek vir iemand kan bid dan doen ek dit.
Maar my vriendin, oor wie ek nou baie huil op die oomblik. Sy is in die operasiesaal, blykbaar 'n abses aan die nier. Haar sakke is baie diep. Sy het ook nie geld nie, maar sy maak deur die jaar geld bymekaar vir kersfees. Sy het 15 arm gesinne vir wie sy oor daardie tydperk dan kospakkies opmaak en vir hulle vat. Sy sorg dat daardie mense vir twee weke genoeg kos het om te eet. Sy het 'n kleuterskool. As die pa sy werk verloor, dan versorg sy daardie huis se kinders gratis tot pappa weer 'n werk het. As iemand iets deur die jaar kortkom, samel sy die nodige in om daardie persoon te help. Iemand wat ons almal na toe kan opkyk. 'n Heldin vir Zeerust.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #7 on: July 26, 2013, 06:37:56 PM »
My sak is maar vlak.  Soms met gate.  Weet nie waar die geld heengaan nie. Deel uit aan mense wat ek sien nodig het, omdat ek self al in daardie situasies was.  Ek weet hoe dit voel.
Ek leef my Pa se se-ding wat my nou nog bybly:  Jy moet gee tot jy seerkry.  Ek het 'n ouer broer wat ook so is.  
My baas het 'n baie vlak sak... stop sommer 'n klein bonussie in jou hand... soos gister.  En het al drie verhoginkies gekry in die agt maande wat ek daar werk.  
Maar ek weet ook van 'n hele paar met diep sakke, kort arms en soms geen arms.  Dit is 'n baie lelike eienskap, suinigheid.
« Last Edit: July 27, 2013, 05:47:09 AM by Angelica »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #8 on: July 27, 2013, 08:52:54 AM »
Daar is sulke mense wat onbaatsugtig is en almal om hulle is lief vir hulle. 
Daardie "heiliges" wat heeldag skree hy/sy is 'n Christen en in die voorgestoeltes sit, maar hul dade spreek die teendeel, ken ek ook. 

Hoekom is dit so dat so baie mense met wie dit so goed gaan, nie 'n saak het  met 'n ander se behoeftes nie?  Hoekom wil hulle terugsit
en jy moet vir hulle doen en jy moet vir hulle gee, maar hulle kan nie help as dit van hulle verwag word nie.  Die lewe bestaan mos uit gee en ontvang.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #9 on: July 27, 2013, 07:48:14 PM »
Ek het sopas sewe lang paragrawe wat ek hier getik het uitgevee.
Wat my hartseer maak is die feit dat die mense wat omgee vir ander en alles gee, op die ou end op neergekyk word... geminag word... maar self moet regkom as hulle oud is en nie meer kan nie.
Omdat ek geld het MOET jy maak soos ek se...
Omdat ek geld het besit ek jou...
Die konsep van liefde vir jou naaste, barmhartigheid ens ens het vir my skeltaal geword omdat dit luidkeels verkondig word deur ryk mense wat iets verniet uit jou uit wil he.
Die bottom line is: As my vrou bv. net die helfte van haar uurlikse salaris per uur vergoed word vir al die ure wat sy "oortyd" werk om ander te dien, dan kon ek en sy al op vyf en dertig afgetree het.
Die realiteit is egter dat altwee van ons op 'n manier sal moet aanhou werk tot ons doodgaan. Daar bestaan geen vooruitsigte vir aftree nie.

Sou ek dit anders doen as ek dit kon oordoen?
Die goddelikke waarheid is... ek weet nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #10 on: July 27, 2013, 10:48:54 PM »
Ons is in daardie selfde posisie Naas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #11 on: July 28, 2013, 08:13:49 AM »
Dit is nie altyd  WAT  jy gee nie.  Daar is soveel mense wat net van hulself kan
gee en dit is nog beter as geld, want vir jou geld kan jy arbeid koop, maar vir die mense wat onbaatsugtig van hulself gee, kan geen geld vergoed nie.
Hoe wys jy 'n prys aan op opofferings gemaak? 
« Last Edit: July 28, 2013, 08:15:52 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #12 on: July 28, 2013, 10:56:40 AM »
Jy is reg PM. Geen geld kan daarvoor vergoed nie. Ongelukkig kan jy nie die "jy werk jou ook dood" bank nie.
My een vriend wil by my weet hoekom ons nie gespaar het nie. Ek vra toe wat moes ek spaar?
Ten minste 10% van julle inkomste.
Helouuu! vra ek hom of hy en sy gesin met R20 000 'n maand sal kan oorleef (want ek weet hy verdien R45 000 'n maand plus 'n plaastoilet vol rente en sy vrou werk ook nog.)
Sal maar sukkel erken hy.
En as jy nog 10% spaar? Dan is daar net R18 000 oor. En besef jy dat julle bediende met R4000 pm maand moet uitkom en spaar en R36 per dag taxigeld moet betaal sodat julle huis skoon kan bly. Wat moet sy spaar?
Mense met geld weet net nie wat 'n dag tot dag bestaan beteken nie.
My eie broer wat meer as ek en my vrou saam verdien (en sy vrou het ook 'n goeie werk) braai elke naweek, bou aan, gaan Mikanos toe elke tweede maand, het 'n boot, ens. ens. Ek gun hom dit alles. Maar hy het nie geld om by te dra vir 'n nis in die muur van herrinering by die kerk vir sy eie ma se as nie. Dis mos net as... gaan gooi dit in die see. Sy was mos lief vir die see. Dis verniet.


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #13 on: July 28, 2013, 01:08:59 PM »
Waar is die ondersteuning?  Hulle weet nie wat die woord beteken nie en sal ook nooit weet nie, maar nou-ja, so het elkeen seker sy eie siening.

Besef hulle dat die doodskleed nie sakke het nie?







Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #14 on: July 28, 2013, 07:09:16 PM »
Daar's genoeg ondersteuning, solank dit niks kos nie en nie inmeng met ons speeltyd nie.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #15 on: July 28, 2013, 08:11:58 PM »
Ek wens ek kan verdien wat daardie bediende kry! Dit is hoekom ek nie een het nie!  Ek glo as jy goed doen aan 'n ander moet jy nie verwag dat dieselfde persoon weer eendag goed doen aan jou nie. Eendag sal jy ontvang uit 'n ander oord. 'n Mens moet nie verwag om te ontvang as dit met jou goed gaan nie, as dit die dag sleg met jou gaan, of as jy dit nodig het, sal jy al die goeie dade wat jy in die verlede gedoen het, terug ontvang. Al is dit net deur middel van 'n 5 L kannetjie petrol langs die pad as jou motor sonder brandstof gaan staan. Maar ja nie almal redeneer so nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #16 on: July 29, 2013, 07:52:30 AM »
Ek stem saam met jou Ans.  'n Mens moenie iets terug verwag nie.  Ek dink egter nie dit is te veel gevra om waardering te verwag nie, want dan gee of doen 'n mens weer met 'n lekker hart. 
Dit is so dat daar mense is wat glo jy skuld hulle.  Van hulle kant af kom daar niks, jy moet alles gee en alles doen en hulle pleit armoede, maar dan sien jy hoe rojaal hulle lewe en jy wonder . . . was dit die moeite werd om die opoffering te maak?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #17 on: July 29, 2013, 12:25:36 PM »
Ek voel saam, wonder saam met wat julle hier geskryf het. Miskien is dit nie altyd suinigheid nie, maar eerder dat hulle nie hulleself ooit hoef te bekommer oor bv. hoe hoog die selfoonrekening word met al die sms'e wat jy moet stuur (waarop min terug reageer) of dat koffie, tee en 'n versnappering elke maand by die kunsvergadering werklik 'n "issue" word nie. Dat marke, gassprekers, beskadigde skilderye in die museum (wat jy wil red vir die nageslag), 'n webtuiste skep ens. ens. ens. te veel is om uit slegs een persoon se salarislose sak te kom. Hoe kan jy van een persoon verwag om alles te doen, te gee en dan jouself nog die reg toe-eien om te kla.

Miskien as jy nie self nodig het om sente te tel nie, is dit dalk moeilik om ander se sente tel selfs raak te sien? Ek weet nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #18 on: July 29, 2013, 01:34:43 PM »
Dit is dalk so, as jy nog nooit honger gely het nie verstaan jy nie honger nie.  Dit is ook so dat mense wat gewoonlik die minste het om te gee, gee oorvloedig. 

Kom vertel vir ons hoe gaan dit met jou projek met die museum Fransi.  Asseblief. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #19 on: July 29, 2013, 03:50:39 PM »
PM, ek is besig om 'n webtuiste te maak- die navorsing oor die verskillende kunstenaars wat werke in die museum het, gaan maar stadig. As julle dalk wil loer: http://lichtenburgkunsvereniging.wozaonline.co.za/
Verder word dit darem nou eenmaal 'n week skoongemaak. Ek kan egter nie uit eie sak die beskadigde werke herstel of glas voor die skilderye vir sekuriteit aanbring nie- hoop maar vir borge of donasies en reël maar intussen markies en uitstallings en hou eenmaal 'n maand 'n aand met bv. 'n kunsdokumentêr ens.
Hopelik met tyd sal dinge verbeter of wanneer ek die dag wel kan leer om meer ferm te praat en te delegeer. Daar is darem twee nuwe kunstenaars wat alhoewel hulle nie deel is van die vereniging nie, tog aan die uitstallings deelneem en 'n man wat in die musiekbedryf is wat gesê het dat hy R10 vir elke CD wat hy verkoop aan ons sal skenk. Hy trek darem al by so R50 en hy sê sodra dit R100 is, sal hy dit vir ons gee.
So daar is mense en dinge wat jou met 'n warm gevoel om die hart laat. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #20 on: July 30, 2013, 10:16:52 AM »
Jy doen uitstekend Fransi.  Harde werk sal altyd vrugte bring en ek glo met nog 'n bietjie geduld sal jy stadig maar seker lewe inblaas. 
Is daar nie 'n rou baksteenmuur of plaveisel stene in die museum wat jy kan "verkoop" nie?  'n Mens sien dikwels hoe elke ou 'n "baksteen" koop met sy naam daarop om fondse in te samel.  Noem dan die "paneel" "Vriende van die museum".  Ek sal die eerste een koop vir Die Afrikaanse Forum. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #21 on: July 30, 2013, 02:29:32 PM »
ek moet dit kom deel:

is mos gistermiddag dorp toe vir die praatjie oor Gedigte wat ek vir dorp se Leeskring gaan hou het ....
stop ons [ek het my jongste wat so mooi voordra saamgevra om sommige gedigte voor te lees] langs die biblioteek want voor is geen plek nie ... die hele straat staan weerskante oorvol van spietkopkarre en bakkies ... vra ek die rede?   :dontknow: 

die spietkops het verlede week almal [in werksure, my vermoede] vir 67 minute hulle 'goeie' daad [afgodsdaad,  :evil6:  want hoekom doen hulle dit nie wanneer ander nie weet nie?] vir ene mandeladag gedoen deur die ouetehuis in die 'lokasie' te gaan verf
EN 
is toe gister onthaal, getrakteer op 'n ete en funksie daarvoor ....... ek kon nie uitvind wie daarvoor betaal nie!   :dontknow: 

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #22 on: July 30, 2013, 08:42:41 PM »
Sal nogal graag wou weet ja! Hoekom moet 'n mens beloon word vir 'n welwillendheidsdaad nadat jy dit gedoen het. My dogter was die hele maand net so ontsteld oor hierdie afgodery. Ek sien toe vandag hulle het 'n taak oor Mandella of hulle kan darem kies maar in hulle eie handskrif geskryf die geboorte van die koningsbaba. Dit nadat my dogter in die klas afgegaan het oor die afgodery en sy hoop dat hulle nou sal aandag gee aan die baba ook

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #23 on: July 31, 2013, 09:08:28 AM »
Ek voel nou skaam en skuldig oor my klaery.  Dankie PM, ek weet nie hoe die baksteen-besigheid werk nie, maar dankie.

Ja, die linkerhand moet eintlik nie van die regterhand weet nie, die werklike waarde van "goeie dade" lê in die hart.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #24 on: July 31, 2013, 11:40:33 AM »
Jy het niks om oor te skuldig te voel nie Fransi.  Daar is mos 'n behoefte en as 'n mens dit net vir jouself hou sal niemand daarvan weet nie en dan kan niemand help nie.  Dit is mos 'n liefdesdiens wat jy doen en ek weet hoe baie dit vir jou beteken.  Een mens alleen kan dit nie doen nie en ek weet, elke bietjie help.  

Gaan Google "Buy a brick" en dan kyk jy waaroor dit gaan.  

Ons wil weet hoe dit gegaan het Adéle, jy het mos beloof om te kom vertel. 




« Last Edit: July 31, 2013, 11:42:46 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Hoe diep is JOU sakke
« Reply #25 on: July 31, 2013, 12:26:41 PM »
ooooo vrek, wonder waar ... sal dit by saamkuier gaan vertel.   :dontknow:   
 :love7:   julle!

 :grommit:
adéle  :grommit: