Die kuierstoep > Kom kuier saam
Meeste op forum. . .
PM:
Heel onder is die statistieke van hoeveel persone op 'n dag by die forum kom kuier het. Ek onthou nog toe ons by Woeste Woes was, hoe ons daardie syfers dopgehou het. Ons trek darem al by 33. Eendag is eendag dan gaan ons dit oorskry.
Meraai vannie Baai:
:`ip2: Most Online Today: 31. Most Online Ever: 474 (November 19, 2019, 11:00:02 AM)
PM:
Dit is verstommend nê!
Arina:
Ek was ook een van daai statistieke. Het jare hier gekuier sonder om 'n woord te sprek of te sprou.
'n Mens kry verskillende mense. Dit vat 'n baie spesiale persoon om lid te wees van 'n forum en elke dag deel te neem. Natuurlik is julle almal (hier op die forum) spesiale mense en ek wat net gereeld hier kom inloer het, kan getuig daarvan.
Daar is baie mense wat verkies om net te lees sonder om kommentaar te lewer. Dit maak nie van my 'n slegter mens nie.
Ek het dikwels deur die jare gelees dat Naas verkies om liewers stil te bly. Natuurlik was sy motifering heel anders as myne, maar ek wonder of ons aan die einde van die dag nie maar net dieselfde is nie? Skuus as ek op jou tone trap Naas, dit is nie my bedoeling nie.
Ek het besluit om my bek hier te kom rek. Ek weet vir 'n feit dat die persoon wat die meeste deelname op die forum het PM is.
Sy was net altyd dankbaar en het nooit die geleentheid om julle te bedank laat verbygaan nie. Ek wonder maar net wat het nou verkeerd geloop dat julle haar nou op die ysberg sit. ??? Hoe nou?
Naas:
Arina, jy spring sommer na nege jaar se stilswye in met swaaiende appels.
Ek sit niemand op die ysberg nie. As jy gereeld hier gelees het sou jy sien dat ek al maande terug gewaarsku het dat die forum nêrens heen gaan nie omdat deelnemende lede te min is.
Vier mense kan net so lank speel dan raak die speelgoed op. Die laaste paar maande het ek male sonder tal probeer om gesprekke aan die gang te kry. Self met myself gepraat as ander vir dae lank nie deelneem nie om te probeer om die besoekers en mense soos jy in te trek.
DIT HET NIE GEWERK NIE. Ek is nou moeg.
En ek wil jou sommer bedank vir die houding waarmee jy na nege jaar jou lyf rondgooi. Dit was nie hoe ek die forum ervaar het nie en dit het my nou finaal laat besluit dat ek nou die forum ontgroei het.
PM, Antjie Patat en Ta Raaitjie. Julle was vir my by tye die beste ondersteuning wat ek voor kon vra en ons het wonderlike afrikaans saam gedeel.
Ek weet nie met watter politiek Arina nou besig is nie maar wil geen deel verder daaraan hê nie.
Hiermee sluit ek en Asiie dus ons verblyf op die Afrikaanse forum finaal af.
Dis vir my baie hartseer maar genoeg is genoeg.
Totsiens.
:icon_bigsmurf:
:mumum:
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version