Ons Publiseer Saam > Boek 2 - bespreking deur almal

Kostes vir Volmaan...

<< < (2/2)

PM:
Ek weet almal lag al vir my oor my proefboeke wat nie 'n einde kry nie,  MAAR  ons het gister die finale proefboek laat druk.  No 4. Kaggelvuur is op 130gr papier gedruk en ek was heel tevrede daarmee en wou daarby hou, maar dit het net nie goed gelyk nie en moenie my vra hoekom nie, want ek weet nie. 
Gister het Breyten vir my Volmaan op 150gr papier gedruk (op sy aanbeveling) en lyk dit nou  MOOI!   :hello2:  NOU  is ek tevrede!   :headbang:


Angelica:
Kannie WAG om my boek te kry.
Kannie WAG nie.
Daai koeriertjie moet die wiele laat sing en klaar.  Ek wil daai boek vashou.

Ah Willa:
Dankie vir alles wat jy doen vir die boek PM - jy is 'n ster!!

my stiltes is maar groot en deels Theo ... hy gaan darem Maandag weer skool toe ...

ons was ook vir 'n ruk van alles gesny - telefoon/interent ... maar met genade van Bo is dit nou weer alles beskikbaar.  Couple trek die week finaal uit die woonstel en dan sal ons oor trek ind ie woonstel sodat huis skoongemaak kan word op verkoop te word ... so as ek te min hier is ... dan weet julle hoekom ...

maar ek glo dat ek van die kommende week sekerlik weer meer gereeld 'n kansie sal kry om in te loer

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version