• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Geldsake en versending

Started by PM, July 05, 2013, 09:08:14 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek vra omverskoning aan die ouens wat nog wag vir die totale bedrag wat verskuldig is op die boek, versendingskostes ens. 

Eers moet die boek by die drukkers uitkom voordat ek bekommerd raak oor die betalings. 

Raaitjie kan nie geld oorbetaal in die forum se rekening nie.  Byt vas matertjie, ek sal so gou moontlik vir jou die rekeningnommer stuur.  Laat weet intussen vir my van watter versendingsmetode ek gebruik moet maak. 

Kan almal vir my laat weet hoe hulle die boeke wil ontvang.  Wie sal dit self laat afhaal en vir wie moet ek dit pos of koerier.  Stuur vir my per e-pos die adresse asseblief. 

Julle het  nog tyd tot die einde van Julie om betalings te maak vir boeke wat bestel is.  As iemand nog 'n probleem het, praat asseblief met my. 
Weereens dankie aan almal wat so geduldig is met my. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Duisend dankies matertjie. Kan jy onthou hoeveel dit laas gekos het om die boek te pos? Anders kan ek wag tot julle in NZ is, dit sal baie goedkoper wees om dit vandaar in dollars te pos na ons.

PM

Laas het Hannes die vreeslike fout begaan om twee boeke buiteland toe, met Postnet te stuur en dit het 10 vingers gekos.  Hy het self vir sy eie foute betaal.   :icon_biggrin:
My vriendin Marie, in NZ, kom vir ons kuier en sy keer terug op die 4de Oktober.  Ek sal vir haar vra of sy die pakkie kan saam neem en vir my pos.
Indien nie, vlieg ons die 20ste November en dan doen ek dit self.  Intussen is ons dalk gelukkig om iemand van hier op te spoor wat Aussie toe vlieg en dit kan saam neem en daar pos, of so iets. 
Dit laat my dink aan my belofte aan julle dat julle boek een in die hand sal hê voor daardie kersfees.  Toe kry ek die boeke eers die 23ste Desember.
Gelukkig het die meeste ouens hulle boeke teen Kersfees gehad.  Ek het 'n vriend hier wat Kaap toe gevlieg het, 'n hele doos boeke saamgeneem het en Naas het dit by die lughawe gaan afhaal.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Met sprake van boek 3 (duime vasgehou en alles geknoop wat kan) dink ek onwillekeurig weer aan hierdie ynste geldsake en versending. Hopenlik sal daar iewers in die toekoms ook iemand wees wat via NZ die kosbare skat kan saamneem en vandaar na ons hier in Gatkantland pas  :love7: Dankie vir boek 1 en 2 se saamstel en deurdruk PM. Jy is 'n ster!

PM

'n Mens vergeet hoeveel werk daar aan so 'n boek is.  Die werk raak ook nie klaar nie.  Kort kort kry ek navraag vir boeke, maar alles is uitverkoop.  Ek moes noudiedag die nuwe boek by die biblioteek gaan uitneem om dit aan iemand te wys. 
Wie weet hoe om 'n e-boek uit te gee, want ek dink dit is die oplossing vir baie probleme.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek sal 'n bietjie hoor by my Ausie skrywersmater hoe gaan mens te werk. Ek het van haar romanse so aangekoop. Nie seker of dit dieselfde sal werk in SA as hier nie.

Naas

Teken in by KOBO. Volg hulle instruksies dan publiseer jy self. PDF format.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie Naas, ek sal so maak.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai