Author Topic: Sit dit af, sit dit af!  (Read 2080 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Sit dit af, sit dit af!
« on: April 28, 2013, 06:13:47 PM »
Ons word deur ESKOM 'beveel' om elektriese toestelle en ligte af te skakel...
Of hulle skakel dit vir ons af.
So... as jy nie self in die donker wil sit nie, sal ESKOM jou in die donker laat sit.
Jou Winter sal donker en koud wees.   :dontknow:

Ek wonder altyd of hierdie mense ook hul eie dreigemente 'leef'?  Dalk kry hul woongebiede nooit beurtkrag nie.  Ek kan amper se ek's doodseker daarvan.
elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Sit dit af, sit dit af!
« Reply #1 on: April 28, 2013, 07:19:12 PM »
Ek kan dit ook nie verstaan nie.. :dontknow: Ek het koop soos jy wil gebruik krag. As ek dan krag gekoop het moet ek dit mos kan gebruik.   :dontknow:  Blykbaar werk dit nie so nie.  :icon_scratch: EK koop die krag en hulle sit dit nogsteeds af as hulle wil.  :dontknow:

Go figure  :icon_scratch:

 :angel12:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Sit dit af, sit dit af!
« Reply #2 on: April 29, 2013, 07:54:10 AM »
ja, ek het gehoor eskom is die enigste verskaffer van produk wat sy produk wil (moet) verkoop om besigheid te doen maar dan vra hulle moet asb nie my produk gebruik nie en as jy my produk gebruik gaan ek jou straf deur dit van jou te ontneem.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sit dit af, sit dit af!
« Reply #3 on: April 29, 2013, 08:31:03 AM »
Ag, hier in die Transkei is dit nie snaaks om vir twee dae sonder krag of water te wees nie. (Minstens een keer per week.) Die mense is so gewoond daaraan hulle kyk jou snaaks aan as jy kla daaroor. 
Dit is interessant as jy kyk na die gekleurde huisies teen die heuwels.  Onder elke geut staan 'n houer wat reënwater opvang.  Sou jy na 4uur in die middag daar ry, loop die vrouens met kanne water op hul koppe.  Die kleintjies is skaars 4 jaar oud, dan dra hulle arms vol hout aan. 
Orals waar 'n mens ry, ek praat van groot stede ook, brand die straatligte tot 9 uur in die oggend.  Alle geboue se ligte is deurnag aan.  Die regeringsgeboue is die skuldigste.  Daar word net altyd op die verbruiker se knoppie gedruk in stede van om na die stadsrade ook te kyk. 
« Last Edit: April 29, 2013, 08:37:41 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Sit dit af, sit dit af!
« Reply #4 on: April 29, 2013, 10:54:10 AM »
Ek is nou al so bang vir die Eskom stories, Ek sit al my kar se ligte af as ek onderdeur 'n lamppaal ry wat werk.
Ek het 'n monitor ontwerp wat die TV afsit terwyl die Advertensies aan is en terwyl Zuma Speaches maak waarna ek nie luister nie.
O ja! en wanneer Steve Hofmeyr sing op Noot vir Noot.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sit dit af, sit dit af!
« Reply #5 on: April 29, 2013, 03:42:29 PM »
Dis 'n mooi een daai.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Sit dit af, sit dit af!
« Reply #6 on: September 27, 2021, 07:51:44 AM »
PM die beste van alles is Transkei kry ook sy krag van ekskom af.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sit dit af, sit dit af!
« Reply #7 on: October 03, 2021, 09:41:29 PM »
Ons is nou weer terug by Annlin, en ek sê vir julle, ek kan nie verstaan hoe ek vir 8 jaar daardie gemors van vandag sonder water, more soder krag en altyd sonder opvangs kon leef nie. 
Die donderweer rammel oor die berg (wat net 'n poep en 'n baksteen hoog is) en die krag is af.
Ons het nou wel 'n kragopwekker, maar dit help niks vir opvangs nie hoor.  Die torings werk met batterye maar as die diewe dit gesteel het is daar niks!  Jy kan maar betaal vir opvangs, die verskaffers lag al die pad bank toe, maar jy kry nie diens nie.  Nou sien ek orlas die borde wat sê, stem vir die DA as jy diens wil hê!  Nou sit ek met my ken in my hande en ek vra!  Regtig?  Ons ry deur Warmbad (Bela Bela - die kookpot) en die rooi gevaar met die geel sweersel-letters, is die hele dorp vol, en ek wonder! Waar is ons oumense? 
Om te weet is om te verstaan.