• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Registrasie van nuwe lede

Started by PM, May 30, 2011, 10:15:10 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Baie welkom by die Afrikaanse Forum.  Om die vloed van ongewensde elemante wat tans probeer registreer te voorkom, geskied aansoek om lidmaatskap nou per epos aan die bestuur.  Dit verseker dat slegs lede wat ernstig is om konstruktief by te dra tot die Afrikaanse skryfkuns, toegelaat sal word as lede.  As jy net ander se skryfwerk wil geniet en saam kuier is jy ook welkom. 

Stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarin jy die volgende inligting stuur:

- Jou Naam
- Die gebruikersnaam wat jy graag wil gebruik.
- 'n Kort aangename kennis waarin jy jouself aan die bestuur voorstel.

Die bestuur sal jou, na keuring, per epos in kennis stel van jou aanvaarding en jou aanvangswagwoord.  Hierna kan jy by jou profielblad self jou wagwoord aanpas na jou persoonlike voorkeur.
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ek sien gereeld mense wat probeer registreer op die forum. Hier het die forummoeder mooi verduidelik hoe jy te werk moet gaan as jy deel van die gesels wil raak.
Jy is heeltemal vry om vir PM 'n skuuilnaam te gee as jy onder 'n skuilnaam wil deelneem.


:mumum:

PM

Natuurlik is jy baie welkom.  Dit gebeur net dikwels dat ongewenste gaste, wat krutaal gebruik, of hulle geloof in jou keel wil afdruk ook probeer om lid van die forum te word, en ons hou nie daarvan nie. 
Indien jy 'n vrolike opgeruimde mens is en deel wil word van die forum, kontak vir pm@afrikaanseforum.co.za en ek sal jou graag registreer om saam te kuier. 
Wees net gewaarsku, dit is 'n leeftyd se samesyn.  Ons lief mekaar sonder ophou!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hier is byvoorbaat 'n  *20 sekonde forumdrukkie vir ons nuwe lede wat toestemming verkry het om saam te kom speel in die ABC sandput

((((((((((((((( :book1:)))))))))))))))

*'n Drukkie van net 20 sekondes stel die bindingshormoon en neurotransmitter oksitosien vry, wat die natuur se anti-depressant en anti-angs middel is.