Spieëltjie, spieëltjie aan my wand
Is ek nog die mooiste
Is my lippies nog die rooiste
Kersies pruilend sappig sag
Skaaltjie, skaaltjie op my vloer
Sê tog as ek toe-oog loer
Het ek steeds my cokebottel-lyf
Met perdeby-middel fiets en dun
Meisie, vroutjie voor my oog
Jy’t nog steeds ‘n plooi
Neffens die moesie
Aan die kant van jou wang
Al is daar ‘n plooi
Maak dit nie minder mooi
En lippies rooi
Maak nie binne mooi
ek kan ook nie se
of 'n kilogram of twee
jou cokebottel-lyf
en perdeby-middel verbloem
Ek, jou spieëltjie, jou skaaltjie
Kan nie leuens en sprokies sê
Ek is bloot maar net die lens
Wat die innerlike jy terugkaats
Wat jy in en op my sien
Is slegs maar ‘n spieëlbeeld
Van die skoonheid, sprankel
Stralend uit jou siel