Bak en brou > Item vir die week

Kom ons praat SUIKER

(1/6) > >>

Terry:
Nie almal het 'n soettand nie, maar is daar werklik soveel suiker in alledaagse kosse en souse soos hulle se?  Is suiker goed vir ons?  Miskien nie.  Maar kan ons regtig sonder dit klaarkom?  Is versoeters beter as suiker?

Wat is jou raad/wenke oor suiker gebruik?

Kom ons bespreek suiker  :toothy4: 

Meraai vannie Baai:
Terry hier in Aus is die ouens nogal redelik streng oor die gebruik van suiker in al sy verwerkte/versteekte vorme. Veral vir ons kinders/babas. Ek is bly dat jy die onderwerp wil bespreek. Ek het 'n oulike skakel ontdek; gaan net enkele gedeeltes aanhaal:

Suiker kom meestal vanaf die suikerriet, en dis heeltemal natuurlik. As jy al aan ‘n stukkie suikerriet gekou het behoort jy die soet smaak daarin te proe. Die suiker is deel van die plant soos God dit gemaak het. Om egter die suiker te kry wat jy in jou tee of koffie gooi word die riet deur soveel as sewentien verfynings prosesse verwerk. Hierdie prosesse raak ontslae van alles wat nie suiwer glukose en fruktose is nie soos, vitamiene, minerale en  vesels. Die eindproduk is sewentien keer soeter as dit waarmee begin is, dus sewentien keer meer gekonsentreerd, gestroop van alles wat goed was in die oorspronklike riet!

Dit beteken dat die 1 teelepel suiker wat jy in jou koffie gooi gelykstaande is aan 17 teelepels rou suikerriet. Al daaraan gedink om 17 teelepels suikerriet in jou koffie te gooi.

Hierdie was vir my veral skokkende inligting:

Dis interessant om te weet dat toe suiker die eerste keer so geweldig verfynd gemaak is, dit as ‘n kragtige brein-funksie-modulerende middel onder dokters toesig gebruik was, net soos opium!

Suiker verongeluk die delikate mineraal balanse in jou liggaam, soos byvoorbeeld die van koper, magnesium, en kalsium wat lei tot ernstige toestande soos aneurismes van slagare, verkalking van are en versteurings van kolesterolvlakke

http://www.eirenehealthshop.co.za/articles/manna-articles-afrikaans/die-gevare-van-suiker.html

Meraai vannie Baai:
Toe ek begin rondkrap na die goeie voordele van suiker was hierdie inligting 'n verligtende trosie  :headbang:

SUIKER bevat SAKKARIEDES oftewel KOOLHIDRATE. In organiese chemie, sluit dit molekules soos glukose, fruktose, mannose, xylose, sucrose, galaktose en lactose in. Daar is 'n hele klasifikasie stelsel vir suikers.  In  chemiese konteks sal "koolhidrate" (sakkariede) in drie hoofgroepe monosakkariede, oligosakkariede en polisakkariede verdeel word.SAKKARIDES, seg die wetenskaplikes, kan ook sommige kroniese siektes verlig, bv. niersiektes, Lupus en artritis. En Ons weet ook, dit kalmeer die gebroke hart...

Daar is 8 essensiële goeie SAKKARIDES:

1. mannose: Hierdie spesifieke sakkariede help om • kankers en groeisels te krimp • voorkom infeksies deur parasiete, bakterie en fungusse • verlig inflamasie in artritis persone

2. glukose kan, in klein dosisse • geheue verbeter• sellulêre kommunikasie verbeter

3. galaktose; verbeter goeie lewer funksie, wondheling, vertraag gewasgroei terwyl dit kalsium absorpsie verhoog

4. xilose; Antibakteries en antifungus. Word ook in tandepasta gebruik aangesien dit nie tandverrotting veroorsaak nie..

5. fukose:meeste mense verwar dit met fruktose. Voordele is primêr in die brein

6. N-acetylglucosamine; Herstel kraakbeen en verminder swelling in ledemate en gewrigte

7. N-acetylgalactosamine; Voordelig om die groei en verspreiding van gewasse te vertraag

8. N-acetylneuraminic acid; Optimaliseer brein funksies terwyl dit bloed cholesterol verlaag

http://www.onsdorp.com/somaakmens/okt2010.html

PM:
Baie dankie vir die inligting.  Dit is baie leersaam. 
Dat hiperaktiewe kinders liewers nie suiker moet inneem nie is 'n gegewe.  Dit sit nog net meer energie in daai klein lyfies. 

adele:
soos meeste dinge is suiker in kleinmaat goed vir jou, so ook 'n teelepel botter per dag, maar te veel daarvan?

ek en van my kinders verval in daardie wanhopige soeke na ek-is-al-bang-ek-gani-dood-nie van migraine-aanvalle wanneer ons suiker in oormaat inneem, daarom drink ek 'n halfteelepeltjie heuning in my koffie. wanneer 'n melankoliese lus vir tjoklit/roomys/kondensmelk [[oooohhh, kondensmelk!   :angel12:  ] my oorval, kan ek dit geniet omdat ek meestal geen ander suiker in die paar dae voor dit ingeneem het nie.

 :grommit: 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version