Author Topic: Spek en avo happies  (Read 15305 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Spek en avo happies
« on: May 31, 2013, 03:30:41 PM »
Terwyl ek wag dat my avo's reg is om te eet, soek ek solank resepte.  (Ek dink die eg Afrikaanse woord is advokadopeer, maar sal dit maar net avo's noem). As enige iemand ander lekker resepte het, kom plaas dit ook asb.

Spek en avo happies:

Bestanddele:

1 Pakkie spek
2 Sagte avo's
Paar druppels suurlemoensap
Peper

Metode:

Maal jou avo's fyn in 'n bak en sit 'n knippie peper en suurlemoensap by.  Sny die spek in ongeveer 2cm stukkies en braai in 'n pan tot dit krakerig is.  Skep 'n teelepel avomengsel op 'n stukkie spek en sit dan nog 'n stukkie spek bo-op.  (Soos in foto). 

« Last Edit: May 31, 2013, 03:46:01 PM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Spek en avo happies
« Reply #1 on: May 31, 2013, 03:46:38 PM »
Dit lyk heerlik.  Dankie Terry.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Spek en avo happies
« Reply #2 on: May 31, 2013, 04:13:45 PM »
Njam-njam. Gaan beslis die naweek soiets maak.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Spek en avo happies
« Reply #3 on: June 01, 2013, 08:13:11 AM »
Dis die lekkerste happie die.  Dankie Terry.
Sal dit op 'n beskuitjie sit vir die vatslag.  Ek mors gou.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Spek en avo happies
« Reply #4 on: June 01, 2013, 10:29:07 AM »
avo of avokadopeer

vroeër jare het ons in afrikaans van avokadopeer gepraat maar deesdae is die amptelike woord avo of avokado...sonder die peer.
Die rede daarvoor is:

Pere is pere en appels is appels en avokado is avokado.
baie vrugte word gepuk en dan in koelstore geberg voor vekoop of verskeping. verskillende vrugte se bergings temperature verskil.

Product    Optimal Storage Temperature    Chill Point    Freezing Point    Optimal Humidity    


Avocados, ripe         38-45 F   3-7 C               36 F    2 C            ------           85-95

Avocados, unripe     45-50 F   7-10 C       45 F   7 C              -------       85 - 95
   

Pears                     29-31 F                                                         29.2 F           90 - 95
   
http://www.engineeringtoolbox.com/fruits-vegetables-storage-conditions-d_710.html

Sjoe een klein vragie en 100 de bladsye antwoorde...

ok terug ny die naam
ek bespiegel ook nou  maar aan die einde sal ek noem wat ek gehoor het hoekom dit nie meer 'n peer is nie.

ek sien nou dit op die net:
-----------------------------------------------------------------------------------------------------
onder vertaling:

avokadopeer in English
translation and definition "avokadopeer", Dictionary Afrikaans-English online
  add translation
Translations into English:

    avocado      (noun, ) (noun )
             
    The fruit of an avocado tree (Persea americana).

nou wonder ek of die peer gedeelte nie kom van die botaniese naam vir die boom nie: Persea americana.

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

wikpedia

 Uitspraak:

    IPA: [ɑfuˈkɑːduˌpiə̯r, ɑvuˈkɑːduˌpiə̯r], meervoud: [ɑfuˈkɑːduˌpiə̯rə, ɑvuˈkɑːduˌpiə̯rə]


 Met Arabiese letters:

    اَڤُوكَادُو پَِیرْ , اَفُوكَادُو پَِیرْ ; meervoud: اَڤُوكَادُو پَِیرِی , اَفُوكَادُو پَِیرِی


 Spelling tot 1909:

    *afókádópeer, *awókádópeer; meervoud: *afókádópére, *awókádópére

 Betekenisse:

    Peervormige, tropiese vrugtesoort (Persea gratissima).


Sinonieme:

    advokaatpeer, avokado, murgpeer


Vertalings

        Duits: Avocado (de), Avocato (de)
        Engels: avocado (en), alligator pear (en)
        Ngala: sabúká (ln), avoká (ln)
        Venda: ḽiafukhada (ve)
        Xhosa: iavokado (xh), imponyomponyo (xh)
        Zoeloe: ukwatapheya (zu), ukwata (zu), ikotapheya (zu)

----------------------------------------------------------------------------------
in elk geval kom ons gaan aan voorlat ek julle aandag verloor.

hier is nog vertalings vir die van julle wat avos in die buiteland wil koop.

           Expression   Annotation
           Language   Spelling

    Afrikaans   advokaatpeer   
    Afrikaans   avokado   
    Afrikaans   murgpeer   
    Arabic   أفوكادو   
    Breton   avoukez   
    Castilian   aguacate   show ▼
    Catalan   alvocat   
    Cebuano   abukádu   
    Croatian   avokado   
    Czech   avokádo   
    Danish   avocado   
    Dutch   avocado   
    English   alligator pear   
    English   avocado   show ▼
    English   avocado pear   
    English   butter pear   
    Esperanto   avokado   
    Finnish   avokado   
    French   avocat   show ▼
    Georgian   ავოკადო   
    German   Avocado   show ▼
    German   Butterfrucht   
    Greek   αβοκάντο   
    Hebrew   אבוקדו   
    Hungarian   avokádó   
    Irish   abhacád   
    Italian   avocado   
    Japanese   アボカド   
    Khmer   អាវ៉ូកាដូ   
    Korean   아보카도   
    Macedonian   авокадо   
    Polish   awokado   
    Portuguese   abacate   
    Russian   авокадо   
    Swahili   parachichi   
    Swedish   avokado   
    Thai   อาโวคาโด   
    Turkish   avokado   
    Xhosa   iavokado   
    Zulu   ukwata

--------------------------------------------------------------

kom ons probeer weer nadat julle nou die bietjie agtergrond het


soos julle hier bo kan sien ( in die blikkantien) ---------sjoe ek is darm lus vir lekker gorrel op hierdie reënt dag hier op die laas. gaan nou nou wyn koop vir warm bly en huit kry om vuur in die kaggel in die sitkamer te maak.

die vrugte word verskillend getsoor. Avokado's was genoem Avokadopere
dan kry mens Bon Cretian pere en ook Forelle pere en nog baie ander peer cultivars

http://www.pots2plots.com/Fruit/Pear%20Cultivars.htm

in die koelkamers, wat soms so groot soos vliegtuig hangers is, by die aankoper, verspreider word die vrugte elkeen in sy eie koelkamer gestoor tot dit moet uitgaan vir versprei.
Daar is 'n persoon wat verantwoordelik is vir die koelstore se temperatuur beheer en gas beheer....wat se gas ook al daar moet in kom.
Die persoon in beheer gaan nie in die koelstoor in nie want mens maak nie so plek se deur onnodig oop nie. hy kry 'n lys met wat binne elke stoor is en dan ook wat die toestande van watter vrugte ook al moet wees. so gaan hy 2 keer per dag, 7 dae van die week om aan die buitekant van die koelstoor by die konrtole paneel te lees wat binne aangaan....temperatuur en gasinhoud.

so was daar een persoon verantwoordelik wat gelees het: avokadopeer.
onthou die persoon is nei opgelei wat is wat se vrugte nie hy is opgelei om die koelkamer dop te hou en te stel
in elk geval so lees hy advokadopeer en mmmmm dis die peer cultivar advokado en hy lees onder die lys dat pere omtrent teen 0ºC gestoor word en hy stel die stoor se temperatuur dat die pere teen 0º C gestoor kan word. Toe die stoor oopgemaak word om gelaai te word................al die avokado's in hulle maai....miljoene rand se skade en die persoon wat verantwoordelik was seg hier staan dis avokadopere en pere word so gestoor.
toe word daar besluit om die naam te verander na avo of eintlik avokado want dis nie 'n peer cultivar nie.
die persoon kon dalk anders talig wees en gebrekkige afrikaans lees en niemand het hom verduidelik wat is avokadopeer in sy taal nie. ek dink dit het dlak gebeur toe die poste aann die nuwe suid afrikaanse burgers oorgedra moes word.

nou ja daar het julle dit soos die storie aan my oorvertel is en dit maak sin.

vir my is die avokado cultivar fuerte die lekkerste.

hiers nog paar interesante goed vir verdere leesstof




South African Avocado Growers’
Association Yearbook 1985. 8:78-80
EFFECTS OF CONTROLL
ED AND MODIFIED ATMOSPHERE STORAGE ON
QUALITY OF EATING RIPE AVOCADOS
G J EKSTEEN & A B TRUTER
FRUIT AND FRUIT TECHNOLOGY RESEARCH INSTITUTE, STELLENBOSCH
OPSOMMING
Fuerte, Edranol en Mass avokados wat onde
r beheerde atmosfeer
toestande met 2% O
+ 10% CO
2
en
teen 5,5°C opgeberg was, wa
s van beter loestande wat
beide uiterlike voorkoms
en interne gehalte
betref as vrugte wat teen dieselfde temperatuur en
nórmale atmosfeer geberg is. Antraknose-vrot het
egter 'n probleem geword by
vrugte wat onder die beheerde atmo
sfeer opgeberg is weens die
/anger
period van opberging by 20°C wat nodig is om die vrugte eetryp te maak.
Verpakking in poliëetiléen sakkies het ook 'n verbet
ering in kwalitiet van vrugte na opberging tot gevolg
gehad hoewel temperatuur hier van
groot belang was. Hierdie ver
pakkingsstelsel is ekonomies
aanvaarbaar veral wanneer vr
ugte afsonderlik in klein sakkies verp
ak word wat dan toegevou word om
die vrug te seel. Vrugte moet egter in 'n nórmale
atmosfeer teruggeplaas word gedurende die rypmaak-
proses om beskadiging te voorkom.
Skokbehandeling met CO
2
(25% CO
2
vir 3 dae by 5,5°C) het belowende
resultate gelewer maar vereis
verdere ondersoek.



http://www.avocadosource.com/Journals/SAAGA/SAAGA_1985/SAAGA_1985_PG_78-80.pdf


   
   




Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Spek en avo happies
« Reply #5 on: June 01, 2013, 10:33:56 AM »
Dit is werklik interessant AB, baie dankie vir die inligting.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Spek en avo happies
« Reply #6 on: June 01, 2013, 10:49:55 AM »
plesier, ek het self ook iets geleer deur die inligting op te soek en te probeer verifieer ( of hoe spel mens daai woord)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Spek en avo happies
« Reply #7 on: June 02, 2013, 09:46:05 AM »
Baie dankie.  Dit is baie interessant. 
Terry gaan elke week vir ons 'n ander onderwerp begin met 'n ander produk, item of bestanddeel.  As dit soveel aandag geniet soos die avo's, sal dit 'n groot sukses wees.  Baie dankie AB. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Spek en avo happies
« Reply #8 on: July 31, 2013, 09:01:19 AM »
Hier is 'n skakel na 'n berig oor avos en wat als met 'n avo verplaas kan word om gesonder te eet.

http://za.news.yahoo.com/5-reasons-avos-first-choice-082200787.html

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Spek en avo happies
« Reply #9 on: July 31, 2013, 11:13:32 AM »
As jy werklik gewig wil verloor dan moet jy begin om vet, stysel en suiker te vervang met voedsel wat nie energie stoor nie.  Met avo's kan jy die vetinhoud drasties verlaag. 

Ek het gou hierdie uit Engels vertaal.  Ek hoop dit help. 

Vervang twee eetlepels mayoonnaise met 'n kwart avokado in 'n tunamengels. Dit sal die vetinhoud met meer as die helfte verminder en die dis opkikker met meer vitamines en voedingstowwe.

10 Gram botter (twee teelepels vol) beteken 301kj, 8,1 gram vet en 57 gram sodium.  Jy kan 'n kwart avo fyn maak, voeg vars suurlemoensap en 'n skootjie swart peper daarby en jy verlaag die waardes na 201,6kj, 4,5gram vet (amper die helfte) en 2,1 mg sodium.  (Kyk die groot verskil in die sodium.)

Ouens wat aan hoë bloeddruk ly, kan gerus avo's eet.  Dit het meer potassium in as piesangs. 

Vervang room of suurroom  (vir 'n doopsous) met avo guacamole - en hier is 'n skakel vir talle heerlike resepte - http://www.avocadocentral.com/avocado-recipes/guacamole-recipes.  Dit sal die vetinhoud (4 teelepels botter) drasties verminder na 'n kwart teelepel onversadigde vette wat in avo's teenwoordig is. 

'n Vuurhoutjiedosie-grootte cheddarkaas bevat 10gram vet en 186,3mg sodium.  Dieselfde hoeveelheid avo sal die vetinhoud verlaag na 4,5gram en die sodium na 2,1mg. 

Moenounie vir my vertel avo's is nie baie gesond nie! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Spek en avo happies
« Reply #10 on: December 01, 2015, 05:00:15 AM »
Lief ons avo's  :love7: Goeie vette!!