Bak en brou > Vinger-eetgoedjies

Spek en avo happies

<< < (2/3) > >>

Terry:
Dit is werklik interessant AB, baie dankie vir die inligting.

AB:
plesier, ek het self ook iets geleer deur die inligting op te soek en te probeer verifieer ( of hoe spel mens daai woord)

PM:
Baie dankie.  Dit is baie interessant. 
Terry gaan elke week vir ons 'n ander onderwerp begin met 'n ander produk, item of bestanddeel.  As dit soveel aandag geniet soos die avo's, sal dit 'n groot sukses wees.  Baie dankie AB. 

Terry:
Hier is 'n skakel na 'n berig oor avos en wat als met 'n avo verplaas kan word om gesonder te eet.

http://za.news.yahoo.com/5-reasons-avos-first-choice-082200787.html

PM:
As jy werklik gewig wil verloor dan moet jy begin om vet, stysel en suiker te vervang met voedsel wat nie energie stoor nie.  Met avo's kan jy die vetinhoud drasties verlaag. 

Ek het gou hierdie uit Engels vertaal.  Ek hoop dit help. 

Vervang twee eetlepels mayoonnaise met 'n kwart avokado in 'n tunamengels. Dit sal die vetinhoud met meer as die helfte verminder en die dis opkikker met meer vitamines en voedingstowwe.

10 Gram botter (twee teelepels vol) beteken 301kj, 8,1 gram vet en 57 gram sodium.  Jy kan 'n kwart avo fyn maak, voeg vars suurlemoensap en 'n skootjie swart peper daarby en jy verlaag die waardes na 201,6kj, 4,5gram vet (amper die helfte) en 2,1 mg sodium.  (Kyk die groot verskil in die sodium.)

Ouens wat aan hoĆ« bloeddruk ly, kan gerus avo's eet.  Dit het meer potassium in as piesangs. 

Vervang room of suurroom  (vir 'n doopsous) met avo guacamole - en hier is 'n skakel vir talle heerlike resepte - http://www.avocadocentral.com/avocado-recipes/guacamole-recipes.  Dit sal die vetinhoud (4 teelepels botter) drasties verminder na 'n kwart teelepel onversadigde vette wat in avo's teenwoordig is. 

'n Vuurhoutjiedosie-grootte cheddarkaas bevat 10gram vet en 186,3mg sodium.  Dieselfde hoeveelheid avo sal die vetinhoud verlaag na 4,5gram en die sodium na 2,1mg. 

Moenounie vir my vertel avo's is nie baie gesond nie! 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version