Author Topic: Avo wenke  (Read 18432 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Avo wenke
« on: May 31, 2013, 03:18:23 PM »
Het enige iemand wenke hoe om avos vinnig ryp te maak?  Ons het so 30 groot, varsgeplukte, klipharde avos wat vir ons in die kombuis le en staar wat net wag om ge-eet te word.  HELP asb!

Aangeheg is iets wat ek kon opspoor, maar nie hoe om dit vinniger ryp te kry nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Avo wenke
« Reply #1 on: May 31, 2013, 03:26:11 PM »
Baie dankie vir die bydrae Terry.  Ek het al gehoor van piesangs langs die avo's plaas, dit toe draai in koerantpapier, dit in 'n emmer meel plaas, maar my avo's was baie hardkoppig.  Hulle het hul eie tyd geneem, maak nie saak waar ek hulle gebêre het nie. 
Ek dink nog, op 'n rak, dalk 'n warm plekkie, sal help. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Avo wenke
« Reply #2 on: May 31, 2013, 03:45:39 PM »
ja dai van piesangs saam met avos toedraai werk, maar nou nie dat dit na 2 dae reg sal wees nie, eerder 1 week ipv 2 weke.

ek het die nou raakgeloop

Haal beste uit avokado's

 Aankoop, berging en rypmaak van avokadopere:

Kies avokadopere met dowwe skille. Peervormige avokadopere moet baie vleis rondom die nekgedeelte hê en swaar in massa wees vir hul grootte wanneer jy dit in jou hand weeg.

 Moenie aan avokadopere druk om te voel of hulle ryp is nie - koop liewer gereed- om- te- eet avokado's of plaas die avokado in jou handpalm en rol dit effens heen en weer. Druk liggies met die palm van jou hand teen die avokado, dit behoort effens mee te gee (afhangende van die soort avokado).

Die avokado moet nie sag of pap voel nie. Om die rypmaak van avokado's te bespoedig kan dit saam met 'n ryp appel of piesang in koerant- of handoekpapier toegedraai word en in 'n donker kas gesit word. Die vrugte stel etileengas vry wat die rypword van die vrug bespoedig.

Ryp avokado's of avokado's waarvan die rypmaakproses vertraag moet word, kan in die groentelaai van die yskas geberg word by 'n temperatuur van nie laer as 5 C. nie.

Indien die temperatuur wel laer is, moet die avokado's beskerm word met handoekpapier of iets dergliks - te lae temperatuur veroorsaak dat die skil van die avokado's swart word. (Hierdie swart-word-proses is nie dieselfde as wanneer die meer ovaalvormige avokado ryp word en van donkergroen na pers-swart verander nie.)

Om oksidasie of verkleuring van 'n avokado te voorkom, kan 'n halwe oorblywende avokado in die yskas gebêre word deur die pit weer terug te plaas in die vrug, die vlees te seël met suurlemoensap en dan toe te draai met kleefplastiek.

'n Halwe avokado kan ook ``afgespoel'' word onder 'n lopende koue kraan en dan onderstebo geplaas word op 'n bord in die yskas - die vrug behoort vir ten minste nog een dag groen te bly. Kookwater kan ook oor 'n ongeskilde ryp avokado gegooi word en vir 'n minuut gelaat word. Dompel dit in koue water - die avo behoort nou maklik af te skil en sal sy kleur vir ten minste ses uur behou.

Hoe om avokado's te ontpit en te skil:

Sny die avokado los rondom die pit deur van bo na onder deur die skil en vlees te sny tot teen aan die pit. Draai die twee helftes los van mekaar en kap die lem van 'n groot koksmes skerp in die pit. Draai die mes om die pit los te maak. Lig die lem op om sodoende die pit te verwyder. Plaas die los pit weer terug in die avokado asook die twee helftes. Maak die skil van elke helfte vanaf die gesnyde naat los met die ronde steel- gedeelte(agterkant) van 'n teelepel totdat die hele skil afgehaal kan word. (die voordeel van hierdie metode is dat jou hande nie vol avokado is nie en sodoende word die vlees ook nie papgedruk of gekneus gedurende die skilproses nie)

Daar is plek vir 'n avokado in 'n gebalanseerde maaltydplan. Dit bevat geen cholestrol nie, is hoog in vitamiene E, B6 en C en is laag in koolhidrate en natrium. Honderd gram avokado's bevat 600 kilojoules of 143 kalorieë.

Avokado's kan suksesvol verhit word maar kan nie gekook word nie, as gevolg van 'n bitter smaak wat ontwikkel gedurende die kookproses.

Berei die dis of sop voor en voeg dan die avokado's by net voor opdiening. (Indien nodig verhit slegs een maal.)


http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2000/07/24/5/8.html




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Avo wenke
« Reply #3 on: May 31, 2013, 03:54:01 PM »
Baie dankie AB, dit is nou 'n bielie van 'n artikel met baie wenke.   :hello2:  Jy is 'n ster. 

Terry, hoekom kies jy nie vir ons 'n paar avo's en dan toets jy hierdie raad nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Avo wenke
« Reply #4 on: May 31, 2013, 04:31:09 PM »
Ja, baie dankie vir die wenke AB.

Ons het nou paar toegedraai in koerantpapier, maar ek gaan netnou paar van hulle vat en met piesangs toemaak.  Ons sal dan kyk watter manier werk die vinnigste.

Ek gaan julle op hoogte kom hou.

Dag 1:  Kliphard.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Avo wenke
« Reply #5 on: May 31, 2013, 06:24:17 PM »
blykbaar skei die ryp piesangs etileengas af wat die rypmaak proses aanhelp. spanspek skei dit ook af
eenkee rby 'n ou kollege vriend gekuier wat met piesangs en avos geboer het. SO gee hy ons 'n  boks avos wat vars gepluk is en kliphard groen is. hy smeer toe 'n vleoistof aan die helfte van die avos en die ander helfte nie, maar almal was in selfde boks. die vloeistof was etileen. hyt geseg die wat etileen gekry het sal nou vinniger ryp raak en wel ook die ander aansteek. eintlik moes ons die 2 in verskillende bokse pak maar daar was nie plek want sy bokse was te groot. die gesmeerdes het wel gouer ryp geraak. sjo eons het vreeslik abie avos geët daai volgende paar weke toe ons tuis kom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Avo wenke
« Reply #6 on: June 01, 2013, 03:36:33 AM »
Ek dink as 'n mens van daardie etileen met die avo's wil versoen dan moet jy dit saam in 'n bruin papiersak plaas.

Wie van julle het al avo's gevries? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Avo wenke
« Reply #7 on: June 01, 2013, 05:50:36 AM »
hier is nog antwoorde op avos maar dis rooitaal
sal maar google translate gebruik om te verstaan.


How to Freeze Avocados

Did you know avocados can be frozen?
 Though Fresh Hass Avocados are preferred for their taste and versatility, with the proper preparation, pureed avocados can be frozen and used in guacamole dips, dressings and spread on sandwiches.

Whole, cut, diced or mashed avocados do not have as desirable of a result when frozen. Guacamole can often contain other ingredients that do not freeze well so we do not recommend freezing guacamole.

 

 

Follow the instructions below to get the best possible result when freezing pureed Hass Avocados.

 

 

 1.   Wash - Wash the outside of the avocados thoroughly by holding them under running water or in your selected produce wash.
Find more avocado washing and preparation tips.

2.   Cut - Cut and peel the avocados.

3.   Puree - Place the peeled avocados in a food processor or blender. Add a ratio of one tablespoon of an acidic agent like lemon or lime juice for each avocado you are freezing. Puree until smooth. This will ensure that the lemon or lime juice is evenly distributed to help to prevent the avocados from turning brown. Mashing the avocado rather than pureeing yields a less desirable result because the acidic agent is unevenly mixed in.

4.   Package - Place the pureed avocado into an air-tight container. Leave ½ to 1 inch of headspace in the container to allow for expansion. Close your container tightly and label accordingly. Freeze.

 

 

Frozen avocado puree must be used within four to five months of freezing.

en ek het dit hier gekry

http://www.avocadocentral.com/how-to/how-to-store-how-to-ripen-avocados

https://www.google.co.za/search?client=opera&q=vries+avos&sourceid=opera&ie=utf-8&oe=utf-8&channel=suggest#client=opera&hs=N9d&channel=suggest&sclient=psy-ab&q=can+you+freeze+avos&oq=avos+freez&gs_l=serp.1.1.0i22i10i30j0i8.10360.13797.0.18486.12.11.1.0.0.1.620.3962.2-6j2j1j2.11.0...0.0...1c.1.15.psy-ab.qBFraJ_vlTY&pbx=1&bav=on.2,or.r_qf.&bvm=bv.47244034,d.ZG4&fp=48635af6f1c7770&biw=1425&bih=707


I live in the land of avocados and I freeze them all the time.

 I freeze them-- cut in half , dip in lemon juice and vacuum seal. They are fine for making guacamole, ice cream, shakes, or even slices for salad.

 Also, I freeze them as a purée that you can use as a salad dressing, sandwich spread or base for a dip such as guacamole. Here are the directions I use:

 Start with soft, ripe fruit. Remove the flesh into a bowl, mash with something acidic such as lemon or lime juice (use 1 tbsp per two Avocados). Pack into plastic container with a lid, leave a bit of room at the top for expansion during freezing, and freeze for up to 5 months. Plan to use the purée within 3 days at most after thawing it; if there's a bit of water in it, just tip the container and drain it out.

http://www.lowcarbfriends.com/bbs/lowcarb-recipe-help-suggestions/549700-can-you-freeze-avocados.html


http://www.avocado.org.au/resources/articles/articles.aspx?articleid=9


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Avo wenke
« Reply #8 on: June 01, 2013, 12:45:14 PM »
Dankie AB.  Ek het dit al gevries, fyngemaak met suurlemoensap, en dit werk goed.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Avo wenke
« Reply #9 on: June 03, 2013, 10:27:48 AM »
Ons het Vrydag al ons avo's in koerantpapier toegedraai en gisteraand ons eerste 2 sagte avos op heerlike tuisgemaakte pizza geniet.

Die koerantpapier werk soos 'n bom!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Avo wenke
« Reply #10 on: June 03, 2013, 11:59:26 PM »
Ek lief hierdie wenke afdeling Terry!