Die Biblioteek > Wenke wat werk

Avo wenke

(1/3) > >>

Terry:
Het enige iemand wenke hoe om avos vinnig ryp te maak?  Ons het so 30 groot, varsgeplukte, klipharde avos wat vir ons in die kombuis le en staar wat net wag om ge-eet te word.  HELP asb!

Aangeheg is iets wat ek kon opspoor, maar nie hoe om dit vinniger ryp te kry nie.

PM:
Baie dankie vir die bydrae Terry.  Ek het al gehoor van piesangs langs die avo's plaas, dit toe draai in koerantpapier, dit in 'n emmer meel plaas, maar my avo's was baie hardkoppig.  Hulle het hul eie tyd geneem, maak nie saak waar ek hulle gebêre het nie. 
Ek dink nog, op 'n rak, dalk 'n warm plekkie, sal help. 

AB:
ja dai van piesangs saam met avos toedraai werk, maar nou nie dat dit na 2 dae reg sal wees nie, eerder 1 week ipv 2 weke.

ek het die nou raakgeloop

Haal beste uit avokado's

 Aankoop, berging en rypmaak van avokadopere:

Kies avokadopere met dowwe skille. Peervormige avokadopere moet baie vleis rondom die nekgedeelte hê en swaar in massa wees vir hul grootte wanneer jy dit in jou hand weeg.

 Moenie aan avokadopere druk om te voel of hulle ryp is nie - koop liewer gereed- om- te- eet avokado's of plaas die avokado in jou handpalm en rol dit effens heen en weer. Druk liggies met die palm van jou hand teen die avokado, dit behoort effens mee te gee (afhangende van die soort avokado).

Die avokado moet nie sag of pap voel nie. Om die rypmaak van avokado's te bespoedig kan dit saam met 'n ryp appel of piesang in koerant- of handoekpapier toegedraai word en in 'n donker kas gesit word. Die vrugte stel etileengas vry wat die rypword van die vrug bespoedig.

Ryp avokado's of avokado's waarvan die rypmaakproses vertraag moet word, kan in die groentelaai van die yskas geberg word by 'n temperatuur van nie laer as 5 C. nie.

Indien die temperatuur wel laer is, moet die avokado's beskerm word met handoekpapier of iets dergliks - te lae temperatuur veroorsaak dat die skil van die avokado's swart word. (Hierdie swart-word-proses is nie dieselfde as wanneer die meer ovaalvormige avokado ryp word en van donkergroen na pers-swart verander nie.)

Om oksidasie of verkleuring van 'n avokado te voorkom, kan 'n halwe oorblywende avokado in die yskas gebêre word deur die pit weer terug te plaas in die vrug, die vlees te seël met suurlemoensap en dan toe te draai met kleefplastiek.

'n Halwe avokado kan ook ``afgespoel'' word onder 'n lopende koue kraan en dan onderstebo geplaas word op 'n bord in die yskas - die vrug behoort vir ten minste nog een dag groen te bly. Kookwater kan ook oor 'n ongeskilde ryp avokado gegooi word en vir 'n minuut gelaat word. Dompel dit in koue water - die avo behoort nou maklik af te skil en sal sy kleur vir ten minste ses uur behou.

Hoe om avokado's te ontpit en te skil:

Sny die avokado los rondom die pit deur van bo na onder deur die skil en vlees te sny tot teen aan die pit. Draai die twee helftes los van mekaar en kap die lem van 'n groot koksmes skerp in die pit. Draai die mes om die pit los te maak. Lig die lem op om sodoende die pit te verwyder. Plaas die los pit weer terug in die avokado asook die twee helftes. Maak die skil van elke helfte vanaf die gesnyde naat los met die ronde steel- gedeelte(agterkant) van 'n teelepel totdat die hele skil afgehaal kan word. (die voordeel van hierdie metode is dat jou hande nie vol avokado is nie en sodoende word die vlees ook nie papgedruk of gekneus gedurende die skilproses nie)

Daar is plek vir 'n avokado in 'n gebalanseerde maaltydplan. Dit bevat geen cholestrol nie, is hoog in vitamiene E, B6 en C en is laag in koolhidrate en natrium. Honderd gram avokado's bevat 600 kilojoules of 143 kalorieë.

Avokado's kan suksesvol verhit word maar kan nie gekook word nie, as gevolg van 'n bitter smaak wat ontwikkel gedurende die kookproses.

Berei die dis of sop voor en voeg dan die avokado's by net voor opdiening. (Indien nodig verhit slegs een maal.)


http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2000/07/24/5/8.html



PM:
Baie dankie AB, dit is nou 'n bielie van 'n artikel met baie wenke.   :hello2:  Jy is 'n ster. 

Terry, hoekom kies jy nie vir ons 'n paar avo's en dan toets jy hierdie raad nie. 

Terry:
Ja, baie dankie vir die wenke AB.

Ons het nou paar toegedraai in koerantpapier, maar ek gaan netnou paar van hulle vat en met piesangs toemaak.  Ons sal dan kyk watter manier werk die vinnigste.

Ek gaan julle op hoogte kom hou.

Dag 1:  Kliphard.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version