Author Topic: Prutpot skaapvleis  (Read 23514 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Prutpot skaapvleis
« on: May 22, 2013, 10:07:11 AM »
Hier is vir ons almal 'n heerlike prutpot resep uit PM se kombuis uit:


Ek het skaapvleis gebruik, maar reken jy kan enige vleis gebruik.  Wanneer jy hoender gebruik kan jy 'n wit soppoeier gebruik.  

Skil 2 groot aartappels en sny dit in skywe.
Pak dit op die bodem van die prutpot.
Skil en sny 2 groot wortels in skywe en pak dit langs die kante van die prutpot.
Neem plus minus 4 groot skaapboudkottelette en sny dit in stukke.
Neem een pakkie bruin sop (bruin uie, osstert of soortgelyke sop) en strooi dit oor die vleisstukke.  Onthou dat die soppoeier sout in het, moet dus nie te veel sout byvoeg nie.
Pak die vleis op die aartappels.
Sny 2 groot uie in skywe en pak dit op die vleis.
Nou kan jy ander groente in stukke sny en dit op die vleis pak.
Kool of blomkool, pampoen, boontjies, ens.
Plaas die sampioene laaste op.
Gooi een koppie kookwater in die pot.
Plaas die deksel op en prut.  (Die temperatuur sal afhang van hoe lank jy die pot wil laat kook)
Ek het die temperatuur op hoog gestel en dit vir drie ure laat prut.
Daarna het ek dit afgestel en vir nog drie ure op laag laat kook.
'n Uur voor opdiening, het ek my kruie en speserye by gevoeg.
15 minute voor opdiening het ek 'n houertjie room bygevoeg, maar dit is effens ryk. Gebruik 'n halwe houertjie.

Dien op en geniet.  
« Last Edit: May 26, 2013, 09:54:04 AM by PM »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Prutpot skaapvleis
« Reply #1 on: May 22, 2013, 11:25:12 AM »
Dankie baie baie!!  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10721
  • Gender: Female
Re: Prutpot skaapvleis
« Reply #2 on: May 26, 2013, 09:54:46 AM »
Dankie dat jy dit geplaas het Terry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10721
  • Gender: Female
Re: Prutpot skaapvleis
« Reply #3 on: August 29, 2025, 10:49:24 PM »
Ek sit hier in Vanrhynsdorp op 'n plaas so 18 kilometer buite die dorp.  Manne, dit is mooi, dit is rustig, dit is vreetsaam.  Let op die spelling.  Vreetsaam!  Ons het in die dorp 'n lekker skaap-potjie-vleisie gekoop en nou gaan ek Terry se resep maak vir more aand. 


Ek verlang sommer stukke nou jou meisiekind!


Voor gister het ons in Kammieskroon oornag en daar by Tannie Corrie se gastehuis het ons skaapnek ge-eet.  Nie skaapnek soos ons Transvalers dit ken nie.  Nee, 'n heel stuk skaapnek gestowe en gebraai met kapokaartappels (mashed potatoes) en regte egte Kaapse soet patats.  Plus 'n slaaitjie versuip in fettakaas en olywe! 
Ons wil sommer net hier vassteek en nie verder nie.  Mar nou-ja.  'n Mens het ook verpligtinge, maar ek gaan beslis nie nou daaraan dink nie.  Eers gaan ons die Kaapse kos en Kaapse gasvryheid leeg tap, totdat dit alles opgebruik is!
Ek wil nou eers hier afvoeter Lambersbaai toe, en al die plekke daar rondom. 


Hierdie jaar het die blomme ons 'n  bietjie gefnuik! Toe ons hier aankom het dit al 'n bietjie afgeneem, maar wat wo!  Die Kaap en al sy baaitjies en draaitjies hou soveel bekoring in, ons geniet elke oomblik.  Askies, ek wou net sĂȘ van die skaapbredie!  Bring jou bord en skep daarvan! 
Om te weet is om te verstaan.