Bak en brou > Groente

Onder die kombers

(1/2) > >>

PM:
Onder die kombers


Bestandele:

Kool (hoeveelheid na gelang van die wat moet eet)
Pakkie varkworsies in stukke gesny
Bacon
Groot ui
Soetrissies en sampioene
Kaassous (pakkie of gewone witsous met kaas)

Deegbestanddele:
1 k meel,
kwart k kookolie,
1 eier,
sout,
2 t bakpoeier,
1 k melk

Metode:

Braai alles saam.
Gooi kool by (opgekerf) en kook tot gaar.
Voeg speserye waarvan jy hou by.
Roer kaasous deur en skep in oondbak.

Deeg:

Sif meel, sout en bakpoeier saam.
Gooi die kookolie in 'n koppie en breek een eier daarin.  Klits goed met 'n vurk en voeg melk bietjie bietjie by.
Meng melk en meelmengsel tot slapperige loperige deeg.
Gooi die deeg oor die kool, sprinkel gerasperde kaas oor en 'n bietjie rooipeper.
Bak teen 180 grade tot bruin.


Meraai vannie Baai:
Klink heeeeerlik!!

PM:
Ampertjies twee jaar later!   :icon_biggrin:  Ek het gewonder wanneer gaan iemand kom kyk wat gebeur "onder die kombers".   :sign10:

Meraai vannie Baai:
Ek het my geliefde sus se spoortjies gevolg en toevallig op hierdie ene afgekom. Haar pragtige sin vir humor en liefde vir die lewe is ek GLAD nie verbaas dat die titel haar nadergelok het nie. Vanmiddag vir haar die skakel na jou resepte erfies gegee en toe soos skaduwee agter haar gedwaal  :toothy4:

PM:
Die kere gelees spreek boekdele nĂȘ!  Soms raak ek bekommerd as die ouens nie saam gesels nie, maar ek verlustig my in hoeveel saam lees. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version