Author Topic: Soos 'n Wasgoedmandjie....  (Read 4191 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Soos 'n Wasgoedmandjie....
« on: May 27, 2011, 06:20:24 AM »


Jy't my wêreld onderstebo kom draai
Ja, jý
Jy't my hart deurmekaar kom pluk
met jou stories oor kosmos en berg
Nou vra jy hoekom lyk ek so verkreukeld!
Dis dan jý wat soos 'n rukwind
om die hoek gekom het
my byna teen 'n muur vasgewaai het
Jý wat my bo-oor duine en bossies
gelei en ek soos 'n steeks donkie
vasgeskop het teen die muur
van omdraai
En jy vra mý hoekom?

Laat ek jou sê hoekom
daar kreukels oor my lê
hoekom ek soos 'n wasgoedmandjie lyk
hoekom ek nag en dag omruil,
soos 'n warrelwind deur 'n stoppelland
sjwoesh en oral stof opskop,
hande swaai soos 'n windmeul
in 'n storm so stotter en stom
met 'n mond vol tande vir jou kyk

Kom, laat ek jou vertel
jy met jou kamtige 'cool' houding
en jou ewige 'smile'
Jy wat soos sjokolade-mousse
op my tong kom lê
smaklekker smelt saam met my hart

Nou luister nou mooi,
Mr Cool,
dis omdat jy my uitgeboul het
my op my kop kom keer het
daardie dag toe jy soos 'n rukwind
om die hoek gewaai het
Kom ek vertel vir jou...
        ek lief jou
dis hoekom ek soos 'n wasgoedmandjie lyk
     (asof jy dit nie weet nie)
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Soos 'n Wasgoedmandjie....
« Reply #1 on: May 27, 2011, 07:04:19 AM »
Heerlik glimlag ek vir hierdie een!  Dit is baie oulik. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Soos 'n Wasgoedmandjie....
« Reply #2 on: May 27, 2011, 08:59:32 AM »
mooi! ek hou daarvan dat jou tweede strofe se woorde al hoe vinniger lees om die gevoel van die wind wat waai te verhoog.

:grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Soos 'n Wasgoedmandjie....
« Reply #3 on: May 28, 2011, 06:02:11 AM »
Dankie julle. Sommer iets ligs.
Giggles, die woorde kom warrel in my kop in Woensdag. Nogal by die werk. Ek moet tussen telefoon en invoice en reps probeer neerskryf en onthou wat so ingewarrel het.. En die baas   :glasses8:  kom faks ens en ek is druk besig...... met woordjies neerskryf.   :angel8:
elle