Digkuns > Digformules of -strukture

3/5/3 Quio Struktuur

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
http://www.poetpatriot.com/poems-quio-orig.htm

Hierdie kort strukture dwing ons om met die minimum woorde ons gedagtes te deel met die lesers.
Engelse riglyne stel 'n lettergreeptelling van 3/5/3 onderskeidelik in die drie reels voor en sover ek kon agterkom is daar geen verpligte onderwerp waaroor gedig moet word nie.

In my soektog na Afrikaanse voorbeelde het ek op 'n Engelse weergawe afgekom wat so treffend was, dat ek dit in ons moedertaal verwerk het in 'n dubbel 3/5/3 struktuur.

My weergawe is so saamgestel: Twee verse van drie reëls elk, wat voldoen aan die vereiste lettergreep telling van 11 en onderskeidelik toegepas as 3/5/3. In my voorbeeld word die geraamtes wat skuil in ons gene, aan die leser voorgehou as 'n betwisbare stelling.

*Hangkasgees
 
 Die sondes
 van ons voorvaders
 volg getrou ....
 
 Die stamboom
 waar gene vertak
 in kringloop ...
 
*Genealogie

©  Meraai vannie baai

PM se Quio
 
Depressie
 ‘n spinnekopweb
 vol eiers
 
Met quio...
elf lettergrepe
in die kol

© PM

Naas:
Koud-warm

Stortkrane
oopgedraai vir was...
Reg of sleg?

Was dit reg
oopgedraai vir warm?
Oop vir koud?

Waarom dan
bibber onder koud?
stortfloute?

Stortkrane
vloei van koud verval
deur mensdom.

Mensdom wat
storttend drek uitspuit
in trurat.


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Naas dit is 'n pragtige bydrae. Lief die uitgebreide 3/5/3 grepe waarin jy die frustrasie van 'n 'koud-warm' situasie aan die leser ontbloot. Dankie mater vir die groot voorreg dat ek kon saamlees.  :notworthy: :icon_salut:

Verstom my altyd hoe kreatief en gemaklik jy jou gedagtegang, met ons eie Afrikaanse digteuels in die hand, op die pad van 'n Engelse struktuur kan stuur! Geskoei en geskool op tradisies, bou ons as woordemmigrante voort - op nuwe fondasies.

adele:
'n verwerking van 'n halwe gedig wat in my deeg-rys-mandjie gewag het om geknie en gebak te word!


wyl jare
vol borrelvreugde
koesterwink

wonder ek
oor seer verlore
jeugjare

maar nou gryp
ons elke minuut
hartsgeluk

 :grommit:   :grommit:

PM:
Ek wou baie graag more ons boek drukkers toe geneem het.  Nou lyk dit vir my ek sal maar 'n rukkie moet aanhang, want hier kom nou mooi werk ingesluip. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version