Die Biblioteek > Wenke wat werk

Haarversorging - Bergamot Essence

(1/2) > >>

Terry:
Ek wonder hoeveel mense met haarverlies en dun hare sukkel wat net nie wil groei nie?  Ek moet ongelukkig my hand opsteek as een wat met hierdie probleem sit.

Vir jare lank het ek gereeld haar kleursel gebruik, my hare elke dag gewas en droog geblaas, en na die geboorte van my dogtertjie het ek nooit weer in my lewe 'n gesonde, dik bos hare gehad nie.

Ek het toe bietjie gaan soek vir 'n oplossing en is baie opgewonde om dit hier te kom deel: 

Gooi een botteltjie Bergamot Essence (Lennon se produkte) in jou sjampoe en skud goed.  Wanneer jy hare was, probeer dit so lank as moontlik op hou en masseer jou kopvel goed. 

Gooi dan nog 'n botteltjie Bergamot Essence in 'n bottel Plasenta en spuit dit op jou hare nadat jy dit gewas het.

Ek gebruik hierdie nou al vir amper twee maande en kan defnitief 'n verskil sien en voel.

Hierdie is defnitief 'n wenk wat werk!

Meraai vannie Baai:
Terry jy kom asof gestuur mater! Sukkel met hierdie probleem die afgelope maande en raak baie bekommerd. Nou moet ek net by 'n SA winkeltjie uitkom hier in Aus sodat ek die Lennons produk kan aanskaf.

So dankbaar dat hier uiteindelik wenke geplaas word. Het al voorgestel dat ons hierdie afdeling laat saamsmelt met 'n ander. Dalk kry ons nou hope wenke wat werk!  :hello2: :icon_biggrin:

Terry:
Meraai, ek was net so bly om iets te kry wat werk.  Ek het al vele kere raad gekry maar als was net altyd te snaaks vir my om dit eintlik te probeer, soos om Bob Martins te drink.    :grommit:

Ek het bietjie gaan kyk en dit hoef nie noodwendig Lennon te wees nie, daar is soveel ander tipes Bergamot Essence wat by enige apteek verkoop word.

Ek is bly 'Wenke wat werk' bestaan nog, daar is altyd iemand wat 'n goeie wenk het en iemand wat een nodig het.

PM:
Terry het 'n paar weke gelede 'n botteltjie van elk vir my gegee en ek kan getuig dat my haarverlies werklik afgeneem het.
Daar is niks so erg vir my as om met los hare te deel nie.  (Daars nog 'n paar ander dinge ook  :icon_biggrin: maar dit is 'n storie vir 'n ander draad. 

Terry:
Ek het bietjie meer navorsing gaan doen oor haarverlies en dit word aanbeveel om 'n botteltjie Bayrum saam die Bergamot in jou sjampoe te gooi.  My eerste dag van dit probeer, maar ek glo dit gaan goed werk, want die raad het darem van 'n apteker afgekom.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version