• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dig doelgerig.

Started by PM, March 28, 2013, 10:50:35 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Om te veel woorde te gebruik is soos om hout te verf.  Jy steek die pragtige grein agter 'n kleurvolle, dowwe laag weg en dit lyk soos 'n muur.  Om die regte woorde te gebruik, is soos vernis op die hout, dit bring die grein uit, dit lewe.

Wanneer jy enige woord in die verkleiningsvorm skryf, hoekom wil jy dit nog meer verklein.  'n Karretjie is klein, hoekom wil jy van die klein karretjie praat as dit nie doelgerig is nie?
 
Die leser het 'n algemene kennis en 'n goeie verbeelding daarby.  Dit is nie nodig om woord vir woord vir hom/haar alles te vertel nie. Kies jou woorde so dat dit die prentjie teken. Soms sien die leser totaal en al 'n ander prentjie as wat jy beskryf het. Dit beteken dat jy genoeg aan die verbeelding oorgelaat het.

Jy hoef nie te praat van 'n donker nag nie. Almal weet die nag is donker. Elke woord moet 'n doel hê.  As dit metrum bewerkstellig is dit van pas.

Soms werk 'n mens aan 'n gedigstruktuur waar jy van vereiste lettergreeptellings moet gebruik maak.  In daardie geval mag jy 'n ekstra woord inpas. Oor die algemeen kan jy deur jou gedig lees en elke woord wat nie 'n doel dien nie uitvee.  Dit is tog wat digkuns beteken.  Maak dit dig. 

'n Wyle gelede het ek 'n stukkie gelees waar een skrywer aan 'n ander gesê het om nie die woord "die" in 'n gedig te gebruik nie.
Toe verander die skrywer die werk en skryf: "man loop in bos" dit is nie hoe ons praat nie.  Dit geld ook vir die tweede ontkenningswoord "nie" wat in Afrikaans gebruiklik is.  Dus, moenie woorde wat die algemene gebruikstaal is, uitlaat as jy nie 'n spesifieke doel daarvoor het nie.  Die tweede "nie" versag net die rym.

Natuurlik is jy 'n digter en natuurlik het jy digtersvryheid.  Dig doelgerig.
Om te weet is om te verstaan.

PM

#1
Daar het jy dit!  Wyse woorde en niemand het iets om te sê nie.  Kom ouens, ek wil julle kommentaar hoor!
Sewe en 'n half duisend lesers en niemand sprek 'n sprou nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#2
*Wyse woorde.. .
Sewe en 'n half duisend lesers
en niemand sprek 'n sprou nie.

:toothy4:

*En hier kom ek verby as die 8107de leser op 30/07/2018. Los ek vir jou 'n woordspoor om dank te betuig vir uitstekende raad PM!

PM

Wys jou nou net, ons skrywers is baie lui om te skryf!  (Lag)
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Nog 1501 lesers later en steeds het ek niks om te se nie.
Ek het 'n skrywervriend gehad wat homself op Tietiebaai geisoleer het sonder radio, tv of koerante omdat hy stories geskryf het. Hy wou geen invloed van buite he op sy storielyne nie.
Ja, hierdie is goeie riglyne maar nie reels nie.
Reels is die dolke waarmee jy kreatiwiteit vermoor.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

#5
My kinders het altwee kunsklasse geneem. Die kunsklasse het hulle kunstigheid versmoor. Hoekom se ek so. Want die onderwysers het hulle werk in boksies gedruk sodat elke leerder in die groep se werk soos al die ander leerders s'n gelyk het. Die leerders het geen vryheid gehad om hul eie stempels op hul kunswerke af te druk nie.
Dis vir my soos regiede vormgedigte. Ja jy kan jou eie woorde gebruik maar dit moet in die boksie bly. Op die ou end kan die digter nie meer buite daardie boksie dig nie. Op die ou end kan hy nie meer sonder riglyne werk nie.
Wanneer jy 'n kreatiewe skrywer/digter wil wees moet jy die reels/riglyne ken maar ook die vrymoedigheid he om daardie selfde reels en riglyne te breek/aan te pas om jou eie prentjie met woorde te skilder.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#6
Ek geniet vryeverse in oorgawe; rol dit van kies tot kies soos goeie wyn. Ongelukkig is die ouvrou rebels gebore en trek enige uitdaging my soos 'n magneet. Vir jare reeds vul die verwerking van Engelse strukture in Afrikaans baie lee ure. Ingehok tussen woordtralies het ek veilig begin voel en geleer hoe om nie net 'die kat sit op die mat en lek sy 0' kwyt te raak nie  :angel4:

Die struktuur wat my nog die meeste plesier verskaf het, is Naas se Tru-verse.

:notworthy: :icon_salut:

PM

Hoekom voel ek nou soos 'n stout dogtertjie?  :icon_biggrin:


Die gedigstrukture het ook al vir my baie ure besig gehou en dit verbreed beslis 'n mens se woordkennis en jou woordvaardigheid.



Ek verstaan wat jy sê Naas en ek stem saam.  Digtersvryheid is baie belangrik, maar hou dit dig.   :notworthy:


Om te weet is om te verstaan.

Naas

#8
Julle is altwee reg. Ek wil maar net waarsku dat daar plekke in die lewe is waar reels geld maar waar ons die reels mag buig.
Ons is amper soos taaltaxidrywers. Het al erens in ons lewens van stopstrate en robots gehoor maar mag dit met permissie ignoreer. Dit gee ons passasiers die rit van 'n leeftyd in 'n taal sonder weergawe.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Jy stel dit so uitmuntend.  Ek het so pas weer een van jou gedigte gelees en verwonder my aan die manier van skryf.  Dit vang jou aandag en hou dit.  Na die lees sit ek altyd en dink, want dit is wat jy met jou gedigte doen, jy sit my gedagtes en  verbeelding aan die werk.
Jy skryf beslis nie die kat sit op die mat . . . nie.   :icon_biggrin:   Ai Raaitjie, sit jy 'n laggie in my keel.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Giggel ek nou lekker. Jy is nie stout nie hoor.  :love7:

Maak nie saak wat ons keuse van digvorm is nie lief PM, solank ons net voortgaan en skep.  Hetsy dit  soms vir ander ontoegangklik en letterlik te 'dig' voorkom of in 'n digtaal geskep is wat almal kan verstaan en lief het.

Vir die woorddief lok nuwe woordverbindinge en wil ek soms graaf en delf in die wegkruiper-woordspel van  hierdie 'digbewaarde' leidrade .  En meestal verkies ek om net myself te verloor in die kreatiewe skeppings van mede maters op die forum.
:love7:



PM

Ek stem.  Skryf net wat jy wil en hoe jy wil solank jy net skryf en dit geniet is die Kaap hollangs.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Jy moet oppas vir daai "hollangs" van jou. Die agtermekaar kereltjies van diie Kaap gaan eksepsie vat en prossedeer...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Shoe ja, ek het nooit daaraan gedink nie.  Prossedeer! Hoe doen hulle dit?  Het dit iets met prostitusie te doen?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

#14
Prossedeer is wanneer die prokurower die prostetiet se werk oorvat en die tariewe verdubbel.
Enigste verskil is by die prostetiet raak jy vigskriklik siek en die prokurower steek jou vigskriklik in die skuld.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.