Author Topic: Hoe hekel mens 'n storie?  (Read 5960 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Hoe hekel mens 'n storie?
« on: March 27, 2013, 01:55:33 AM »
Naas het die perfekte raad:

Vat die onthou en kleur dit met jou eie kruite in. Feite mors in elk geval net met 'n goeie storie se ritme.

 :toothy4: :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe hekel mens 'n storie?
« Reply #1 on: March 27, 2013, 04:46:26 AM »
Ek mis vir Naas met sy mooi sin vir humor. 

Stem ook saam met hom, vat die draad en laat waai. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoe hekel mens 'n storie?
« Reply #2 on: July 17, 2018, 04:57:51 AM »
Amen op jou stelling PM! Nie almal kan regkry wat ons eie Langenhoven doen met 'n storie nie.
 :book1:
Ek het onlangs die voorreg gehad om een van my skrywersmater hier in die land van Bloekoms en kangeroes, se boek te ontvang en het dit gelees tydens ons kampsessie by die Sunshine Coast.  Wat 'n vreugde was dit nie.

Dit was 'n spanpoging tussen twee skrywers en gewoonlik is liefdesdramas nie my gunsteling genre nie. Die verhaal het 'n baie sterk mediese agtergrond en die navorsing was ongelooflik. Een van die skryfsters is dan ook verbonde aan 'n mediese beroep wat die storielyn nog meer geloofwaardigheid gee. Die simptome van die held as sterwende hartlyer was inderwaarheid so getrou dat ek reeds op bl 6 in trane was uit blote simpatie. Dit het werklik gevoel of die skryfsters elke simptoom wat my kniege knak deur die dag en nag, self ervaar en vasgevang het.

Die beskrywing van die mediese prosedures (onder andere die vervanging van 'n ysterhart wat besig was om die pasient te vergiftig) was puik en deeglik nagevors en beplan. Ek het vooraf 'n saamgestelde plasing onder oge gehad waarin die skrywers so bietjie meer verklap rondom die navorsing, veral dokter Chris Barnard en die eerste hartoorplanting. Net daar besluit ek wil die boek lees.

Tydens die bekendstelling was daar dus 'n getekende weergawe vir my en dit was die volgende dag op die poskoets gegooi  :hello2: :notworthy:

Die liefdestonele was hartroerend sonder die stomende tonele wat holrug gery word deur Engelse liefdesverhaalskrywers.

 

« Last Edit: July 17, 2018, 05:03:54 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe hekel mens 'n storie?
« Reply #3 on: July 18, 2018, 08:03:43 PM »
Die byeenkoms waar ek vandag was, is die "Lees Ladies" van Leeupoort se "groot" groepie van 10!  Marie en haar "cats" "tigers" "lions" noem hulle sommer net die katte, het 'n onderonsie gereël met Ida Grabe (met die umlat op die a) en haar in 'n hoek gedruk oor haar boek "As die silverdraad breek".
Net die titel alleen wil my in trane laat uitbars!
Luister, Ida kan 'n storie hekel en dit is hoekom ek dit hier by jou pragtige onderwerp, "Hoe hekel mens 'n storie?" kom plaas het Raaitjie, want ek wou dit baie graag met jou deel.
Hier het al die drade, die hekeldrade, die lewensdrade, die skrywersdrade, die drade wat die pinnochios aan die beweeg hou, bymekaar gekom.  Selfs die tee en koffie en die heerlikste eetgoed!  :toothy4:  Man, die Katte van Leeupoort kan vir jou hekel!  (Of is dit bak en brou?)
Skuus Raaitjie, jy ken my mos, ek kan nie by 'n onderwerp hou nie.  Hierdie storie gaan oor 'n ander helfte wat aan Altzheimers gely het.  Ek sal nou eers die storie gaan lees en dan kom ek jou verder vertel.
Ek moet net weereens sê dat ek die "Lees Ladies" se dag met oorgawe geniet het.  Mooi so!  Julle het goed gedoen!






Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoe hekel mens 'n storie?
« Reply #4 on: July 18, 2018, 11:00:02 PM »
My plek geboek!!  :book1: :hello2: :notworthy: