Author Topic: BOSTON  (Read 2578 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
BOSTON
« on: April 16, 2013, 01:31:57 PM »
Nog 'n nare tragedie georkestreer deur lafhartiges in Boston. En dit is, vir my in elk geval, een van die mooiste stede waar ek nog was.

Ai, wanneer gaan ons ou aardbol se bewoners tot hulle sinne kom????

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: BOSTON
« Reply #1 on: April 16, 2013, 02:52:32 PM »
Dit was nou 'n mooi verrassing toe ek jou hier raakloop vanoggend Blouetjie. 

Hier sit ek so diep met my neus in boek twee dat hoor en sien om my vergaan.  Vertel asseblief meer van Boston.
Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: BOSTON
« Reply #2 on: April 16, 2013, 03:07:32 PM »
Dis 'n stad aan die Amerikaanse Ooskus in Massachusets en het 'n mooi kombinasie van ou en nuwe geboue met 'n werklike mooi CBD en downtown areas. Heelwat "cobblestone" strate en fantastiese restaurante. Ag dis net vir my 'n beautiful stad gewees. Miskien omdat ek vroeg in die amerikaanse lente daar was. Jy weet mos PMpie, party stede het maar net die manier om mens te bekoor.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: BOSTON
« Reply #3 on: April 16, 2013, 03:16:01 PM »
Jy is reg, die regte tyd die regte plek en daar het jy dit. 

Wat se tragedie het plaasgevind?  Skuus, ek is bietjie op my eie planeet.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: BOSTON
« Reply #4 on: April 17, 2013, 04:43:34 AM »
Ek kon gister nie verder luister toe Joe my wou vertel van hierdie tragedie nie. Hy het die gawe om iets baie breedvoerig te skets met sy woorde  :love7: en die beelde was een te veel vir my  :crybaby2: Outop het toe later die aand oppad terug van die dorp af, vertel van die bomontploffing daar wat soveel verwoesting en dood veroorsaak het. Hoe leef 'n mens met jouself saam as jy aandadig was aan so gruwelike daad?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: BOSTON
« Reply #5 on: April 17, 2013, 10:10:48 AM »
Daardie soort het nie 'n gewete nie en 'n mens kan hulle ook nie mense noem nie.  Barbare. 
Om te weet is om te verstaan.