Author Topic: Totsiens Ouma Naas  (Read 6581 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Totsiens Ouma Naas
« on: April 06, 2013, 06:56:55 AM »
In Liefdevolle Herinneringe Aan
Maria Christina (Poppie)
Breytenbach (néé Crous)
3 Augustus 1936 tot 30 Maart 2013

Die Liewe Here het ons ma, ouma, grootouma en vriendin kom haal omdat Hy ‘n opening vir ‘n liefdevolle Engel in die Hemel gehad het.
Met diep hartseer, maar met groot dankbaarheid dat ons haar mooi lewe kon deel, neem ons van haar afskeid. Elkeen van ons sal haar onthou vir daardie mooi spore wat sy deur ons lewens geloop het.
Met baie liefde: Naas, Elmarie, Jannie, Elize, Elsa, kleinkinders en agterkleinkind.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Totsiens Ouma Naas
« Reply #1 on: April 06, 2013, 08:13:40 AM »
Dankie vir die deel hiervan Naas.  Sy het ook mooi spore in ons lewens agtergelaat matertjie.  Ons is dankbaar vir die voorreg wat ons kon hê, om haar te ken en lief te hê en het net die mooiste herinnerings aan haar, wat ons sal saam neem op die pad vorentoe, wat sal help om die leemte te vul. 

Sterkte en liefde vir julle almal.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Totsiens Ouma Naas
« Reply #2 on: April 08, 2013, 03:45:52 AM »
Innige meegevoel van ons af Naas. Dit is so pragtig gestel - 'n opening vir 'n liefdevolle engel in die hemel'...  :love7: :crybaby2:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Totsiens Ouma Naas
« Reply #3 on: April 08, 2013, 09:16:28 AM »
Ons simpatie en mee gevoel Naas. dit bly maar hartseer.