Author Topic: Die Stinkgat  (Read 14655 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Die Stinkgat
« on: March 23, 2013, 11:54:13 PM »
:pottytrain2: Skielik kry die kenteken van onse forummoedertjie nuwe betekenis.

Ek tik gewoonlik die skepper van die woord/uitdrukking voor of na die nuwe woord, maar vandag het altwee die kombinasies ewe erg geruiklyk:

PM se 'stinkgat' / Die Stinkgat van PM :`ip2:

Mees beskrywende naam vir die gekroonde-wit-troon ala longdrop! En daar is natuurlik nog die geliefde "0" n(holte/gat) van PM wat net so gepas hier gebruik kan word:
"Stink0"
:notworthy: :icon_salut:  :love7:

Ek lief ons taal!

« Last Edit: March 24, 2013, 12:10:26 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Stinkgat
« Reply #1 on: March 24, 2013, 01:02:26 AM »


Elke kleinhuisie (my ouma se woord vir die buitegeriefie) het sy eie storie.

Die keramiekskeppings van die Ausie, Fred Hillier “*privyologist”  (that is, someone who takes an interest in the history and folklore of the “loo, throne room, lavvy, thinking room, thunder box, aunt mary, kharzi, house of commons, etc., etc., etc.”.)

Fred het twee boeke geskryf oor hierdie ongewone onderwerp en 'n ryk(?) geskiedenis vasgevang daarmee  :icon_biggrin:

*Sou Gatoloog :color: beskrywend genoeg wees vir die 'beroep/amp' in Afrikaans? Bring jou eie woord asseblief!  
« Last Edit: March 24, 2013, 01:04:19 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Stinkgat
« Reply #2 on: March 24, 2013, 02:38:49 AM »
O gatta patatta,  :icon_biggrin:  hier is my 0 nou onder bespreking. 
Ek wonder of 'n "privaatheidsdeskundige" nou daai ou is wat die skoonmaakwerk doen. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Stinkgat
« Reply #3 on: March 25, 2013, 01:29:57 AM »
Hehehhe. Wonder self PM! Terwyl ek nou so aan die wonder is, dink jy iemand gaan braaf genoeg wees om vir ons 'n vers of twee te bring oor die 'stinkgat'?  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Stinkgat
« Reply #4 on: March 25, 2013, 08:57:45 AM »
Ek het al myne begin, maar hol so rond tussen alles en moet nog soek vir akkommodasie in Mthatha (jy weet mos, daardie plek wat Hannes gesweer het hy gaan nie weer werk nie) en vliegkaartjies na NZ vir die einde van die jaar. 
Sal kom sny, spoeg en plak as ek klaar is. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die Stinkgat
« Reply #5 on: March 25, 2013, 01:29:20 PM »
“*privyologist”  gelukkig nie “*privy'h'ologist” nie
  :toothy4:  wat 'n skitterende benaming ... o ala  :toothy4:   
het jy dit op sigboekie ook gelaai? ek wil dit so graag deel...

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Die Stinkgat
« Reply #6 on: March 25, 2013, 08:10:45 PM »
Sies vir julle... Dis 'n "veldhuisteoloog" Dis nou daai ou wat op die drukpreekstoel sit en soebat dat die pad parlement toe moet open.



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Stinkgat
« Reply #7 on: March 25, 2013, 09:42:27 PM »
A ha!  Mooi so Aspoestertjie, daar sit jy jou ou mooi klein voetjie so reg in die wip! Ons wag vir jou gedig Nooi. 
Ek het jou veeslik viskikkig gemis!  Welkom tuis!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Stinkgat
« Reply #8 on: March 25, 2013, 11:36:25 PM »
Kan nie onthou watter jare laas ek so viskikkig lekkig gelag het nie  :icon_biggrin: Julle maak my dag perfek begin op netelige noodt.  Die uwe boek haar plek vir die gediggies waaroor sommige siele, neus in die lug, verby die onderwerp van bespreking, eerder 'n draai loop en dan stylvol op die wittroon gaan sit en peins oor die barheid van menswees in toeka se dae :notworthy:

Adele hier is die skakeltjie waar ek die inligting vandaan gekry het. As jy dit op die sigboekie plaas behoort jy dit te kan deel hoor! Vanoggend bult die woorddief se mandjie weer boeppensie met die ougat-uitdrukkings en woorde: veldhuisteoloog/drukpreekstoel/privaatheidsdeskundige en Adele se “*privyologist”  gelukkig nie “*privy'h'ologist” nie :`ip2:  :hello2: :book1:

http://www.claycraft.com.au/productions/bush_buildings/dunnies.asp

« Last Edit: March 26, 2013, 12:21:07 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Joe Daai Ou

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Die Stinkgat
« Reply #9 on: March 26, 2013, 01:41:08 AM »
Nig, ek is nie 'n kenner van die soort aktiwiteite nie maar iets wat ek al baie gehoor het was 'n gesteun en 'n gekreun om daai sware vrag af te laai! Wat van 'n Kreunoloog? As jy by publieke toilette verby stap soos wat ek gereeld doen met my reise spits jou ore en hoor die gekreun en gesteun, dis iets vreesliks. Seker hoekom hulle seg dat om te gaan dinges is die sterkste drang op aarde, hy het tot vir Simson op sy hurke gedwing!
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Stinkgat
« Reply #10 on: March 26, 2013, 01:57:20 AM »
En so duik daar nog 'n splinternuwe uitdrukking tussen die woordspore al om die 0'tjie onderwerp op  :notworthy: :icon_biggrin: :icon_salut: Giggelend lig ek die hoed en knak myse rumatiekknieg vir die 'Kreunoloog' Joe!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Stinkgat
« Reply #11 on: March 26, 2013, 08:36:15 AM »
Tag, dat so 'n onderwerp nou soveel plesier kan verskaf!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die Stinkgat
« Reply #12 on: March 26, 2013, 01:03:34 PM »
dink julle hierdie woorde en humor kan in ander lande ook aan daai tale suffel giggels verskaf?

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Stinkgat
« Reply #13 on: March 26, 2013, 02:32:06 PM »
Nee Adéle, dit is net 'n uitsondering.  Ons taal is die mooiste taal omdat ons soveel humor het.  Kyk nou maar na die woordjie wat nie trek bedoel nie maar stoot.  Ons kleur dit so mooi in. 
Ek dink ons moet 'n lysie maak van "inkleur woorde".  Wat dink julle.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Stinkgat
« Reply #14 on: March 26, 2013, 11:36:27 PM »
O ja! O ja vir inkleurwoorde!!   :hello2: :notworthy:

Besig om deur die onderskeie strukture waarmee ons woel te gaan, kom ek vandag weer op die '*Flip Flop 60/90' af en kon die versoeking nie weerstaan om 'n 'Gatkantvorentoe' weergawe te probeer:

Gatkantvorentoe

kry dubbel-nul-sewe
van die woorddief,
'n nare geurtjie

007/L00
  :bootyshake:

*Flip Flop 60/90 http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2340.0
« Last Edit: March 27, 2013, 01:39:03 AM by Meraai vannie Baai »