• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Australian Longdrop (The Dunny)

Started by Meraai vannie Baai, March 22, 2013, 03:27:16 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anicia

 Ek het gou kom inloer om n paar naampies by te voeg wat ook die oorheersende onderwerp beskryf..

Kleinhuisie (bekende ene)
Porselein skoeter
Troon van denke
Gemakshuisie
Stapelgebergte
Ringsitting
Informasie-spasie (Mense se gunsteling lees sessie)

Hehehehe

Meraai vannie Baai

Ek lief ek lief ek lief  :hello2: :toothy4: :icon_salut: Jy is 'n sterretjie sus van ver. Stywe drukkie vir jou  :love7:


PM

Kyk nou net hierdie komtare, 'n heerlike saamgesels-onderwerp.   :toothy4:
Wie wil nog 'n gediggie skryf oor die gehuggie agter die huis?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ons het midagete gesluk
nou gaan dit druk
by daai plekkie waar ons buk.

In toue poel ons saam,
knyp knyp moet ons staan
vir magies wat wil gaan.

Op die stinkhoutstoel
is daar groot gewoel
om alles weg te spoel.

Dis daai huisie met sy plat dak
waar ons kniee knak.
Glo my, ek praat nie twak.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

 :hello2: Welgedaan Naas!
Ek lief die "stinkhoutstoel".  Pragtige benaming! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

In daardie huisie sou jy maklik twee tamatiekassies kry vertel Jors op sy kampgroep. Een was gevul met wit stronke en ander een met rooies. Jy gebruik eers die rooi, en maak dan seker met die wit  of jy nog rooies nodig het. Dit was toe mos vervang met telefoonboeke wat geel en wit blaaie gehad het vir die selfde joppie.
  :pottytrain5:

Naas

Nommer asseblief! Vir 'n ondergrondse langlyn doefpoef. Mens kon baie langer praat in die stad waar die telefoongidse baie dikker was.
As jy by die geel bladsye kom was dit 'n besigheidsoproep.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Stinkerige besigheidjie smaak dit my Naas  :toothy4: