Author Topic: Die byvoeglike naamwoord  (Read 40588 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die byvoeglike naamwoord
« on: March 14, 2013, 09:59:53 AM »
Die byvoeglike naamwoord (of adjektief) bepaal 'n selfstandige naamwoord, soos in:
Die grys rok.
Die byvoeglike naamwoord het trappe van vergelyking:
Die sterk stoeier.      (stellende trap)
Die sterker stoeier.   (vergelykende trap)
Die sterkste stoeier.  (oortreffende trap)

Die meeste b.nw. het reëlmatige trappe van vergelyking.
mooi, mooier, mooiste
lelik, leliker, lelikste
klein, kleiner, kleinste
geel, geler, geelste
groen, groener, groenste

Sommige b.nw. het onreëlmatige vorme:
baie, meer, meeste
goed, beter, beste
naby, nader, naaste

Dan is daar nog 'n groep wat saam met meer en mees in die vergelykende en oortreffende trap voorkom, byvoorbeeld:
opgewonde, meer opgewonde, mees opgewonde
gedaan, meer gedaan, mees gedaan
bevrees, meer bevrees, mees bevrees

Die lidwoord kom in 'n woordgroep saam met die byvoeglike naamwoord voor:
'n Groot kar, 'n groter kar, die grootste kar
'n Mooi poging, 'n mooier poging, die mooiste poging
Die groen gras, die groener gras, die groenste gras

By die oortreffende trap kom bepaalde lidwoorde voor, maar by die stellende en vergelykende trappe kan die onbepaalde en die bepaalde lidwoord voorkom.
Die groot kar          ×  'n groot kar
Die mooi meisie      ×  'n mooi meisie
 
Attributiewe  (voor die woord) en predikatiewe (na die woord) gebruik: Die byvoeglike naamwoord kan in 'n sin of voor die selfstandige naamwoord staan of daarna.
Kyk na die volgende sinne:
Die blou lug is helder.
Die helder lug is blou.

As die b.nw. voor die s.nw. kom, staan dit in die attributiewe  posisie; as dit na die b.nw. staan, beklee dit die predikatiewe posisie (na die koppelwerkwoord is.)

Baie b.nw. se vorm verander nie in hierdie twee posisies nie:
Vergelyk:
Die mooi seun                ×    Die seun is mooi
Die mooi perd                ×    Die perd is bruin
Die kwaai onderwyser     ×    Die onderwyser is kwaai

Daar is egter ook 'n aantal b.nw. wat 'n vormverandering toon in die attributiewe gebruik. Byvoorbeeld:
Die nuwe hoed                  ×      Die hoed is nuut.   
Die goeie onderwyseres      ×      Die onderwyseres is goed.
Die leë bord                      ×      Die bord is leeg.
Die skewe hoed                 ×      Die hoed is skeef.
'n Lang seun                     ×      Die seun is lank.
'n Jong man                      ×      Die man is jonk.
'n Growwe stem                ×       Sy stem is grof.
'n Lelike wond                   ×      Die wond is lelik.
Die getroue skepsel           ×      Die skepsel is getrou.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die byvoeglike naamwoord
« Reply #1 on: March 15, 2013, 01:01:40 AM »
Jy is DIERBAAR verby PM  :bootyshake: :hello2: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die byvoeglike naamwoord
« Reply #2 on: August 08, 2016, 08:53:27 PM »
Man, ek lief my taal en ek wil dit graag uitdra! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die byvoeglike naamwoord
« Reply #3 on: August 08, 2016, 08:55:23 PM »
Ons het die mooiste mooiste taal!
Om te weet is om te verstaan.