Die Klaskamer > Taalhulp

Die kappieteken ( ^ )

(1/1)

PM:
Die kappieteken  ( ^ )

1.   Word op vokale e, i o, u in oop lettergrepe geplaas
      bêre, tersiêre, wîe, gô, aikôna, môre, brûe, rûe

2.   Geen kappie op “o” in geslote lettergreep
      bord, pond, word

3.   Geen kappie as “o” deel van diftong is
      boikot, toiings

4.   Die “e” in geslote lettergreep as die woord op 'n enkel konsonant eindig
      miljoenêr, skêr, vulgêr

5.   Die “e” in geslote lettergreep as die woord op meer as een konsonant eindig
      mens, kerk, kombers

6.   Afgeleide woorde sonder 'n kappie behou spelling
      mense, kerke, komberse

7.   Vreemde herkoms
      Crêpe de Suzette, maître

Meraai vannie Baai:
Wonder of die forummliete (?) weet HOE bevoorreg is ons om sulke bydraes tot ons beskikking te hê met die druk van 'n knoppie?

Naas:
Ek tik deesdae op my selfoon en die stuk elektroniese gemors steek die ( ^ ) so weg dat ek maar sonder hom klaarkom.
Dieselfde geld vir deeltekens.

 :icon_bigsmurf:

PM:
Die blêr van 'n skaap, so laat in die nag, diep die vêêrte in!   :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

Go to full version