Die Biblioteek > Meer oor Outisme

Outisme - die basiese begrippe en definisie

<< < (2/2)

PM:
Wils reël 'n troue en hulle is besig om hulle mannetjie in die nuwe skool aan te pas.  Sy sal binnekort weer 'n draai kom gooi met nog inligting. 

Mense sal verbaas wees oor hoeveel ouers weier om te glo dat daar iets fout is met hulle kinders.  Dit is so jammer dat daar aan alles 'n stigma kleef. 

Ans Botha:
Die kinders is vanjaar veronderstel om in Gr R te wees. En as jy as 'n ouer nie kan sien daar is fout met daardie tweeling nie, dan dink ek daar is fout met die ouers. Hulle is erg Outisties. Kan amper nie praat nie. Die een was toe hy daar gekom het baie bang gewees. Het die heeltyd op die onderwyser se skoot gesit tot hulle agter gekom het wat hom kalmeer, nou gaan dit al beter. Maar hoe meer sy vir die ouers se sy is nie opgelei om met die tweetjies reg op te voed nie, hoe meer stry hulle en se daar is niks verkeerd met hulle nie. Nie eens die uitslae van die arbeidsterapeut kon hulle oortuig nie.
Plaas aanvaar hulle hulle lot en kry die kinders by die regte mense uit, hulle sal in elk geval nooit kan skool toe gaan soos hulle is in 'n normale skool nie. Ek kry hulle so jammer as die realiteit hulle tref.

PM:
As daardie ouers net kan besef hoeveel skade hulle aan die kinders doen!  Daar is niks so erg as onkunde en halstarrigheid nie. 

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version