Author Topic: Kom dig saam met die titels van liedjies  (Read 8647 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Kom dig saam met die titels van liedjies
« on: March 12, 2013, 11:45:46 PM »
'n Groot uitdaging vir die skrywers om uit die beskikbare lys van die gekose kunstenaar(s) se titels van liedjies, dit so te rangskik (sonder om enige woorde by te voeg), sodat die eindproduk soos 'n gedig kan lees.

Dit is makliker om net twee of drie versies te skep, die uitdaging is om te sien hoeveel van die titels jy wel kan inspan ondermekaar.

Omdat daar nie reëls is in die oefening nie - behalwe dat daar nie ander woorde by die titels gevoeg mag word nie, kan die skrywer die titels rangskik/hergebruik na eie keuse.

Hierdie kan ook 'n lekker spanpoging word waar elke digter slegs een vers saamstel uit die lys van titels of die skrywers 'n ander struktuur se samestelling volg.

*Met die skep van hierdie kreatiewe skryfoefening het ek slegs van die titels van Koos du Plessis se liedjies geleen http://www.koosduplessis.co.za/liedjies.htm


Somber deuntjie

Onthou jy nog
droomswendelaar,
op die pad na Nooitgedacht
onder die Suiderkruis?

Vier horisonne,
tien duisend jaar
teen skemer;
skadus teen die muur.

Middernag trein -
spore op die maan.
Splinterruit -
waar is die seer?

Stemme in die môre;
die somer is verby.
Tyd vir aanstryk
kinders van die wind.

Miskien Karien
as jy my kon volg,
eendag eendag
as almal ver is?

Ek sê ek groet,
groet sonder woorde.

Skielik is jy vry.

*Die skrywers kan ook speel met ander digvorme. Met die volgende gedig het ek die Sijo struktuur wat tradisioneel uit drie reëls en voorgestelde lettergreep-telling van 14 - 16 per reël bestaan, omskep in 'n moderne weergawe en die lettergrepe aangepas na 17 -18 per reël.

Onthou jy nog / droomswendelaar // vier horisonne / tien duisend jaar
Sprokie vir 'n stadskind / huistoe-pad // nes ek wil / spore op die maan
Miskien Karien / as jy my kon volg // as almal ver is / eendag eendag ...

IN DIE VOLGENDE GEDIG HET PIET MAGRIET UIT DIESELFDE LYS VAN TITELS HIERDIE PRAGSKEPPING DIE LIG LAAT SIEN:

Piet Magriet: Skimme

Ek sê ek groet
Groet sonder woorde

Die somer is verby
Hier’s ons almal tesaam

Swerwers
Kinders van die wind

Coert Steynberg
Dick King

Irma
Herman

Karla
Jantjie van die berge

Mornay
Kinders van die wind

Onthou jy nog
Op die pad na Nooitgedacht

Skimme
Skadus teen die muur

Somber deuntjie
Sprokie vir ‘n stadskind

Skielik is jy vry
Kinders van die wind

Waar is die hartseer
Tyd vir aanstryk.

« Last Edit: March 13, 2013, 12:32:16 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom dig saam met die titels van liedjies
« Reply #1 on: March 13, 2013, 04:36:56 AM »
Die link se vir my : Oops! Google Chrome could not find www.koosduplessis.co.za

ek hou van die gedigte wat jy en PM gedoen het, Raaitjie -

dalk kan julle vir ons 'n lys van titles gee en die hele forum-familie uitdaag om so 'n gedig te dig ...  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom dig saam met die titels van liedjies
« Reply #2 on: March 13, 2013, 04:48:27 AM »
Tyd vir aanstryk

Onthou jy nog
skadus teen die muur,
stemme in die môre,
spore op die maan,
Splinterruit -
waar is die seer?

Tyd vir aanstryk.
As jy my kon volg,
eendag eendag
as almal ver is?

Die somer is verby.
Swerwers, Skimme
Kinders van die wind
Skielik is jy vry.

Ek sê ek groet,
groet sonder woorde.

©Ah,Willa!  Gebaseer op Koos du Plessis se liedjie titles en Meraai en PM se soortgelyke gedigte
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom dig saam met die titels van liedjies
« Reply #3 on: March 13, 2013, 08:35:18 AM »
Goed gedoen Wils.  Ek het na die lys van name gesoek maar kon dit nie vind nie.  Kom ons hoor of Raaitjie dit dalk iewers het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom dig saam met die titels van liedjies
« Reply #4 on: March 13, 2013, 10:35:37 PM »
Ek het die gedig op Woes gaan deel - met 'n link na ons forum-familie - maar die webtuiste :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom dig saam met die titels van liedjies
« Reply #5 on: March 14, 2013, 03:14:49 AM »
Dankie vir jou lokaasbydrae Willa mater  :notworthy: Ek het die skakel wat ek gelos het gebruik en daarvandaan na verskeie ander wat daar gegee word, gegaan om my lys van titels saam te stel. Ongelukkig verdwyn van die skakels oor die jare heen en moet mens maar delf en graaf. Hierdie skakel is op die oomblik nog beskikbaar en as julle bladsy gewys deur dit gaan is daar heelwat van Koos se liedjietitels wat in verskeie albums aangegee word asook ander sangers wat hulde gebring het deur van die liede te sing.

http://music.yahoo.com/search/;_ylt=Atb3Rx0qh5aQgmRt6C0tSx7ZsyUv?start=1&m=song&p=koos-du-plessis

http://music.yahoo.com/koos-du-plessis/tracks/

Hierdie skakel het 'n magdom van titels. Sangers is alfabeties gelys en die albumname word ook gegee met die titels van die liedjies neffens dit : http://www.liriekfabriek.co.za/inhoud_atotz.htm

Ek het net so vinnig na Adam Tas se eerste twee albums geloer en die eerste vier titels reg ondermekaar, lees soos 'n vers  :icon_biggrin:

In die huis waar stilte woon
Is dit hoe die hemel lyk
Gaan sê vir die angels
Ps! I love you.

 :love7: Ek wil graag hierdie pragtige variasie van Sussa op ons 'dig met liedjies se titels', wat ek in die ou woordskuur uitgestal het met haar toestemming lankal verleen, ook hier met julle deel:

Sussa: Kom laat ons sing uit die F.A.K

My hart-se-punt woon in anderland
Ver in die wêreld, Kittie, Kittie, Kittie …

Sy ma vrekve'lang aan hierdie kant
My hartjie, my liefie, die son sak weg …

Sy spaar en sy spaar en sy kry nie klaar
Kom Patertjie buig jou stywe dop …

Die tyd loop uit al bak sy beskuit
Japie my skapie, ek verlang na jou …

Niks kan die twee se planne nou stuit:
Afrikaners is plesierig, dit kan jy maar glo

Maar die pond is so duur en die Rand so dun
Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet staan stil

Donkernag lank lê die ma en besin
Daar kom die wa, die vierperdewa

Miskien moet ons halfpad mekaar ontmoet
Pollie ons gaan Pêrel toe, Pollie ons gaan Pêrel toe

Dit pas ons sak en dit doen ons goed
Die trane die rol oor jou Bokkie

Ek sien jou weer, daar is geen keer!
Aanstap rooies, die pad is lank en swaar

'n Druk en 'n soen, ons kan dit mos doen!
Pollenys, Pollenys, jou lieflike ding,
dis om jou, dis om jou
wat ek so dwing.

Ek hou my lyf so vol dingetjies
en ek draai met die tannie met die sewe ringetjies!!
©

« Last Edit: March 15, 2013, 07:29:14 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom dig saam met die titels van liedjies
« Reply #6 on: March 14, 2013, 07:33:45 AM »
Dankie Raaitjie.  Sal jy vir Sussa vra of ons die bydrae boek toe kan vat. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom dig saam met die titels van liedjies
« Reply #7 on: March 14, 2013, 07:37:42 AM »
Ek sal haar vra en laat weet hoor!

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom dig saam met die titels van liedjies
« Reply #8 on: March 14, 2013, 05:15:08 PM »
Is Elizabeth nie juis ook hier by ons forum familie nie???  Ek is mal oor die een oor Adam Tas se titles Raaitjie  - lief dit - DIT MOET BOEK TOE, as ek so voor op die wa mag wees.

So ons kan enige sanger se titles gebruik??

Kan jy weer vir ons bietjie die reels verduidelik - of link na waar die reels is??
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom dig saam met die titels van liedjies
« Reply #9 on: March 15, 2013, 12:55:47 AM »
Willa jy kan die titels van enige sanger gebruik en skommel sodat dit 'n gedig vorm. Vir die skryfoefening wat ons hier lankal mee gewoel het, was dit 'n vereiste om geen ander woorde by te voeg nie - slegs die titels soos dit verskyn op die albums. Dit sal wonderlik wees as julle nou hierdie struktuur as wegspringblok gebruik en jou eie ding doen soos wat Sussa en ook Marius gedoen het. My plek geboek. As ons almal dieselfde titels gebruik raak dit vervelig om te lees, maar is 'n goeie kreatiewe skryfoefening sodat jy daarna jou eie 'ding' doen.  :headbang:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom dig saam met die titels van liedjies
« Reply #10 on: March 15, 2013, 11:26:24 PM »
Toestemming van Elizabeth:
Hallo Raaitjie
Jy kan met liefde daai gedig van my uitstal, inplak, vasplak....wat ookal, geniet dit! En dankie vir die voorreg!

 :icon_salut: :book1: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom dig saam met die titels van liedjies
« Reply #11 on: March 16, 2013, 08:24:08 AM »
Dankie Sussa, dankie Raaitjie.  Dit kan nou na die konstruksiewerfie toe draf.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom dig saam met die titels van liedjies
« Reply #12 on: March 19, 2013, 10:56:23 AM »
Ek gaan nou soos JanDink dink en dan ook probeer ...  :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w