Bak en brou > Soutterte

Spinasie en hoender tert - sonder sand

(1/3) > >>

Terry:
Ek dink hierdie is een van my gunsteling resepte en die naam vir hom was laas week gebore toe ek 'n baie groot fout gemaak het.  Ek het nie my spinasie gewas soos ek weet spinasie gewas moet word nie.  Ek het gedink dit was redelik deeglik skoon, maar op 'n manier was daar dalk 'n blaartjie met sand wat bly klou en toe sommer in my tert beland. Ons kon toe ongelukkig nie die tert geniet nie maar vanaand gaan ek myself vrykoop en hom weer probeer.

Bestanddele:

1 groot pak vars spinasie
1 500g pakkie hoenderborsies
1 pakkie sampioene
1 groot ui, gekap
2 eetlepels fyn gekapte knoffel
1 bakkie mascarpone roomkaas
5 geklitste eiers
2 koppies gerasperde kaas (ek gebruik altyd een koppie cheddar en een koppie mozzarella)
Sout, peper en gedroogde tiemie na smaak.

Metode:

Was jou spinasie.  Was dit weer.  Was dit dan sommer nog 'n keer.   :angel4:
Kook dan jou spinasie in 'n pot met 'n halwe teelepel sout.
Braai die ui en knoffel in botter.  Voeg die sampioene by en braai verder tot als sag is. 
In 'n ander pan, braai die klein gensyde stukkies hoenderborsies in bietjie botter.  Geur die hoender met sout, peper en tiemie.
Wanneer die hoender gaar is voeg dit by die ui en sampioen mengsel.
Dreineer die spinasie en druk soveel water as moontlik uit.
Meng dan die hoender en sampioen mengsel saam met die spinasie in 'n mengbak.
Roer die mascarpone roomkaas in.
Gooi die kaas en geklitste eier by en meng deeglik.
Smeer 'n tertbak met botter en gooi die mengsel in die bak.
Die tert moet gebak word teen so 160grade vir 45 minute.  Laat die tert dan staan vir 'n verdere 20 minute.

Dit is 'n heerlike tert om te geniet saam 'n vars groen slaai.

As jy kuiergaste het, is 'n lekker idee om hierdie resep in 'n groot vierkantige tertbak te bak en as hy gaar is in klein blokkies te sny en dan te bedien.

Die resep kan ook in 'n muffin pannetjie gebak word of in klein pastei-kors-bakkies.  Fotos aangeheg.

PM:
Baie dankie Terry.  Hierdie is werklik een van my gunsteling geregte.  Ek en spinasie is aan die heup vas.

Meraai vannie Baai:
Mensig dit lyk heeeeeerlik! Dankie vir die deel Terry en die pragtige fotos is opeetbare lusmakers!

Meraai vannie Baai:
Ek kan nie meer die fotos sien nie sniksnik. Is dit net omdat ek dalk oor die waters is  :icon_bigsmurf: of ondervind iemand anders dieselfde probleem?

adele:
Ek kan dit nog sien, Raaitjie. As jy more nog daarna soek, laat weet dan laai een van ons dit af en pos dit weer, dalk wys dit dan?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version