Bak en brou > Eenpotgeregte / Eenbakgeregte

Gawie se Squisita braai ontbyt

(1/2) > >>

Terry:
Duisend dankies Gawie vir hierdie heerlike resep.  Oorskiet braaivleis is altyd lekker!

Ek gee vir julle hier die resep soos Gawie dit vir ons gestuur het:

"Ek gebruik dikwels braaivleis wat oorgebly het, dan sny ek dit blokkies en braai dit saam met uie tot die uie gaar en die vleis lekker warm is.
Dan sny ek so 2 tamaties daarby en laat dit rukkie prut. Ek het al oorskiet aartappels bygesit en dikwels sny ek ook sampioene en groen pepers daarby in.
Dan maak ek sous met so halwe kop tamatiesous, kwart kop blatjang en bietjie worcestersous.
Roer als deurmekaar in die pan, 1 teel suiker (of na smaak) en sout en peper.
Ons eet dit saam met roosterbrood vir ontbyt of saam met rys vir ligte etetjie."

Meraai vannie Baai:
Dit klink heerlik Gawie. Gaan beslis probeer as ons weer gaan kamp. Daar bly altyd vleisie oor.

PM:
Wê-wê!  Ons het dit tog vir ontbyt gehad!   :hello2:  Dit was heerlik, saam met mieliepap!

 :bootyshake:

Kyk hoe lekker sing die emme saam!

Meraai vannie Baai:
Oeee en waar is ekke gewees? Seker verrrrrrr, hoor hoe rrrrek ek daai errre  :icon_cheers:

PM:
O aarde Raaitjie.   :sign10:
Jy het my in "steke" (stitches)  :icon_biggrin:  Moet dit net nie laat val nie.   :love7:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version