PM, dit is juis hierdie herhaling van Gawie wat my laat vra het of sy 'n gedigstruktuur gevolg het waarop haar antwoord was: hoe ken jy my Raaitjie?
Sal ek dit nie weet nie: juffrou Gawie en strukture is aardsvyande LOL. My tone krul om van opgewondenheid. Ek sal graag die
spontane herhaalde struktuur wat uit ons geliefde juffroutjie se hart en vingers geborrel het, met die woordskalpel wil ontleed, sodat ons dit kan bewaar as iemand sy of haar hand wil waag aan hierdie treffende manier van uitdruk wat so spontaan ontstaan het. Elke woord was sekuur geplaas en die klem met herhaling, wanneer hierdie verse hardop voorgelees word, kom tot hulle reg!
Ek het gou die riglyne wat jy lankal met ons gedeel het oor "*Polisindeton" gaan opsoek. Hierdie vers van Gawie is die perfekte voorbeeld daarvan:
Al wat ek van toe onthou was
ek en boet en ma
en my pa se oë was moeg
en ons was maar nog klein* – po-li-sin’de-ton – is die herhaling van voegwoorde wat gewoonlik weggelaat word.
Moenie vloek nie, of kwaad word nie, of skel nie.
Sê groete vir jou ma en jou pa en jou boetie en jou sussie.
Ek lieffff dit