Author Topic: Bekendstelling  (Read 6781 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Bekendstelling
« on: February 24, 2013, 09:29:36 PM »
Ek is 'n kortverhaalskryfster wat my so af en toe tot die digkuns probeer waag. Maar dit is nie waaroor ek hier wil gesels nie.
Ek bly in die Noordwes Provinsie waar "The Mafikeng Road" sy oorsprong gekry het. Ek is malverlief op ons plaas wat langs die N4 lê oppad na Lobatse. Ek sal so tussen die kortverhale en digkuns sal ek vir julle ook 'n kykie gee in my wêreld waar ek bly. Miskien herken iemand vir "Schalk Lourens" saam met sy mampoer vriende.
Ongelukkig bly ek nie in die maroela gedeelte van die wêreld nie, maar is deeglik bewus van die voordele van hierdie vruggie, en die ammok wat hy kan veroorsaak. Die wilde klappers en vrugte is wel hier vollop en die suikerbos groei welig hier rond.
Ek hoop ek gaan baie van julle hier in my eie hoekie ontmoet en beter leer ken.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Bekendstelling
« Reply #1 on: February 25, 2013, 01:10:36 AM »
My plek geboek Ans  :notworthy:

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Bekendstelling
« Reply #2 on: February 25, 2013, 08:00:18 AM »
Ditto

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bekendstelling
« Reply #3 on: February 25, 2013, 10:30:31 AM »
Jy sal ons ook beslis in die gange opspoor waar ons orals kuier Ans.  Bring asseblief foto's van die plaas sodat die ouens kan sien hoekom jy so mal verlief is daarop. 

Hier sit ons nou en wag vir die leesgoed.  Bring matertjie, bring. 


Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bekendstelling
« Reply #4 on: February 25, 2013, 11:20:45 AM »
Ek ken nie Lobatse nie, maar Mafikeng, Mmbatho en Lichtenburg ken ek wel. :-) Ek sien uit daarna om van jou werk te kan lees.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bekendstelling
« Reply #5 on: February 25, 2013, 11:30:56 AM »
Fransi, julle twiekies behoort nie ver van mekaar af te wees nie.  Of hoe?

Patrick Mynhardt het later as "Oom Schalk" bekend gestaan.  Hy was 'n meester.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bekendstelling
« Reply #6 on: February 25, 2013, 12:00:19 PM »
Ek het nou gaan kyk op Google. Dit klink na so twee ure se ry. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bekendstelling
« Reply #7 on: February 25, 2013, 12:08:00 PM »
Dit is maar ver ja.  Nie 'n "kom gou oor vir 'n glasie" nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Bekendstelling
« Reply #8 on: February 25, 2013, 08:28:08 PM »
twee ure is net om die draai. Glad nie so ver nie. Lichtenburg is 85 km van ons af en Mmabatho of te wel Mahekeng soos hy nou bekend staan 63 km. Ja Patrick Mynhardt was dan ook vir jare 'n direkteur van die Abjaterkop Hotel gewees.
Vandag verval die hotel van die een eienaar na die ander. Maar die beroemde krans wat in die Mafikeng Road beskryf word is kilometers ver sigbaar as jy oor die nek by die dam ry. Ek sal as ek weer daar ry vir julle foto's neem daarvandaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bekendstelling
« Reply #9 on: February 25, 2013, 10:01:43 PM »
Dit is dan nader as wat ek gedink het. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bekendstelling
« Reply #10 on: February 25, 2013, 11:03:24 PM »
Gee my net 'n kans, ek moet nou eers vir Ouma Naas gaan kuier, want ek dink sy het my nodig.  Dan moet ek my versuipte huis gaan probeer red en dan kan ek verder gaan kuier.  Ek pak 'n piekniekmandjie vol kaas en soutkoekies en baie rooiwyn, dan praat ons weer.  Hannes sal die vleisie pak, hy is mos 'n vleisvreter! 
Fransi, dan laat ek jou weet, dan trek ons op in al ons magte en gaan piekniek daar by Ans.  Sustertjies, dit kan net 'n fees wees.
« Last Edit: February 25, 2013, 11:05:16 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Bekendstelling
« Reply #11 on: February 25, 2013, 11:05:09 PM »
Versuipte huis? Ekke ietsie gemis - gelukkig mis ek nie die piekniek nie - daar is vier van my gunstelinge in die mandjie  :icon_biggrin: Drukkie vir onse ouma Naas  :love7:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bekendstelling
« Reply #12 on: February 25, 2013, 11:59:22 PM »
Dit klink heerlik. :-)

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bekendstelling
« Reply #13 on: May 10, 2013, 11:51:00 PM »
 :sign10: amper, maar darem nog nie neusie verby nie ... kom trapsoetjies ook ingesluip met 'n kuiertjie uit die Kaap om vir Ans "Hallo" te se
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Bekendstelling
« Reply #14 on: May 11, 2013, 01:18:38 PM »
Hi Wila van die Kaap is 'n hallo altyd welkom.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bekendstelling
« Reply #15 on: May 15, 2013, 06:57:53 PM »
 :munky2: wonder ek nou hoekom mense nie my naam kan regkry nie - dis dan so maklik  :munky2:  wil-la-la-la  :smileinbox:

maar ek kuier lekker in jou woordlane Ans - jy skryf darem die mooiste gedigte ...  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Bekendstelling
« Reply #16 on: May 15, 2013, 07:16:47 PM »
Mmmm grooooot ekskuus, ek doen dit gewoonlik nie, maak seker van my saak. Jammer Willa.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bekendstelling
« Reply #17 on: May 16, 2013, 05:28:46 AM »
Lekker lag ek nou.  Wil-la-la-la, Joe sê hy is nie 'n meisie nie, jy kan die "y" agter sy naam verloor.   :icon_biggrin:  Ek lief julle.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bekendstelling
« Reply #18 on: May 16, 2013, 08:24:41 AM »
 :angel12: o genade JOE ek het twee vriendinne met die naam Joey ... en my breins werk maar so ... ek dink een ding en die vingers tik die ander ding ha ha
maar ek sal hardop se Joe daai ou!!   :angel12:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bekendstelling
« Reply #19 on: May 16, 2013, 08:25:57 AM »
 :toothy4: Ans, ek terg maar net ... vra vir Petra ... sulke dinge is nie so belangrik nie ... liefde en vriendskap tel baie meer as die regspel van my naam -  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bekendstelling
« Reply #20 on: May 16, 2013, 08:34:30 AM »
Wil-la-la-la   :icon_biggrin: is heeltemal reg.  Ons ken haar en weet sy terg maar net en sy lief graag en vriendskap beteken baie meer vir haar.  Vra maar vir Pe-te-ra-ra!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Bekendstelling
« Reply #21 on: May 16, 2013, 09:05:47 PM »
Ag dankie tog Willalalalala. Nou voel ek beter.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bekendstelling
« Reply #22 on: May 17, 2013, 03:22:27 AM »
PM  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w